God se groot plan vir my

R199.00

Hierdie Kinderbybel – geskoei op Rick Warren se topverkoperboek Die doelgerigte lewe – wil kleintjies leer wat God se doel vir hul lewe is. Deur die avonture van karakters soos Noag, Moses, Daniël en Jesus self vind kinders oor 40 dae uit presies hoekom hulle hier op aarde is.

SKU: 9781415339398 Category:

Description

SUBTITEL: ’n Storiebybel

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 224

OPSOMMING: Pastoor Rick Warren se topverkoper Die doelgerigte lewe het meer as 32 miljoen eksemplare verkoop. Nou kan kinders ook leer wat God vir hul lewe wil hê danksy die 40 Bybelstories in dié boek. Deur die verhale van karakters soos Moses, Josef, Daniël, Ester en Dawid vind kleintjies elke dag uit wat God van hulle verwag en hoe hulle moet leef. Van die temas sluit in:• God vertrou jou• God wil jou vriend wees• Wat vir God die belangrikste is • Die rede vir allesLiriese teks, pragillustrasies en nuttige punte vir bespreking en nadenke aan die einde van elke storie, sal verseker dat kleuters nie kan wag om te ontdek wat hul lewensdoel is nie.

SKRYWER
Rick Warren is ’n pastor, skrywer en filantroop. In 1980 stig hy en sy vrou, Kay, die Saddleback Church in Kalifornië wat vandag uit 30 000 lidmate bestaan, met meer as tien satellietkampusse dwarsoor die wêreld. Sy bekendste boek, The Purpose Driven Life, het 33 miljoen eksemplare verkoop. As teoloog het hy al klasgegee by Oxford, Cambridge, Harvard sowel as dosyne ander universiteite en kweekskole. Hy is ook ’n strateeg wat al praatjies gelewer het voor die Verenigde Nasies, die Amerikaanse kongres, die Davos Ekonomiese Forum, die Aspen-instituut en talle parlemente.