God praat – Leef luisterryk (Begeleiers)

R30.00

 

Hierdie boek is vir begeleiers wat Bybelstudie- klein- en selgroepe aan die luistersiklus wil bekendstel.

Description

SUBTITEL: Vir begeleiers

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 82

OPSOMMING: Handleiding vir begeleiers wat Bybelstudie-, sel- en kleingroepe aan die luistersiklus wil bekendstel. Die luistersiklus is ’n hulpmiddel om mense te help om na God en na mekaar te luister. Dit bestaan uit drie groot bewegings – rus, hoor en leef.

· Die rus-beweging help mense om in ons gejaagde lewe tyd te maak om voor God tot rus te kom.

· Die hoor-beweging help gelowiges om uit verskillende hoeke te luister na wat God vir ons in die Bybel sê.

· Die leef-beweging help gelowiges om met hulle lewe te antwoord.

Hierdie drie bewegings is in ’n siklus geplaas, om daarmee te kenne te gee dat om te luister nie net by een geleentheid afgehandel word nie. Ons moet telkens tot rus kom, wéér luister na wat God sê om verder saam met Hom te leef (Jes 50:4): “Elke môre laat Hy my opnuut weer luister …”).

SKRYWER

Chris van Wyk

Nico Simpso