God is aan jou kant

R149.00

Voel dit of jou omstandighede jou versmoor? Is jy lewensmoeg en sien jy nie meer kans vir sukkel nie? Dan het jy Nina Smit se nuutste boek nodig. Die 50 inspirende dagstukkies sal jou bemoedig wanneer jy uitdagings te bowe moet kom. Jy kan rustig wag op God se hulp, want Hy is altyd aan jou kant.

ALSO AVAILABLE IN ENGLISH

SKU: 9781415338872 Category:

Description

SUBTITEL: Oordenkings vir ’n oorwinningslewe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 208

OPSOMMING: Ons moderne lewe bied vele uitdagings: ’n gejaagde leefstyl, ernstige siekte, eensaamheid, werkloosheid, gesinsprobleme . . . Die gewilde skrywer Nina Smit se nuwe boek sal jou nuwe moed gee, want as gelowiges kan ons vir seker weet dat God aan ons kant is. Van die temas waaroor sy gesels, is: aanvaarding, erken jou afhanklikheid, buite jou gemaksone, lig na donkerte, vriende laat jou beter voel, en ontdek die Bybel opnuut. Elke dagstukkie bevat ’n teksvers wat die tema belig en ’n toepaslike gebed. God is aan jou kant neem jou op ’n reis na ’n positiewe oorwinnaarslewe. Al wat jy moet doen, is om jou bekommernisse aan God te gee en jouself te sien soos Hy jou sien—sy geliefde kind. Hy staan reg om in jou behoeftes te voorsien.

SKRYWER
Nina Smit is bekend vir haar talle dagboeke, kinderboeke en boeke vir vroue oor verskeie onderwerpe. Haar jongste publikasies sluit in Beloftes vir Ma, Genade vir vandag, Leef in sy lig, Leef as oorwinnaar en God sorg vir jou. Sy is ma van drie volwasse kinders en woon in Somerset-Wes.