Description
SUBTITEL: ‘n Bybelstudie oor 1 en 2 Petrus
FORMAAT: Boek
AANTAL BLADSYE: 152
OPSOMMING: Wat is werklik belangrik – hoe die wêreld jou sien of hoe God jou sien? Dit is hierdie besef, en die heerlikheid wat in die toekoms wag, wat dit vir Christene draaglik maak wanneer hulle ervaar hoe die wêreld hulle eenkant toe stoot.
Johan Smit moedig lesers in Gereed vir die wederkoms? aan om te volhard en nie moed op te gee in hulle geloof nie. Dié Bybelstudie trek lesers se aandag in die 25 dele na die vooruitsig van die ewige lewe en om deur die krag van Christus lyding en vervolging te deurstaan.
Net soos die gelowiges aan wie Petrus sy briewe rig, moet gelowiges vandag ook opstaan vir dit waarin hulle glo. Johan Smit lig ook die riglyne uit wat Petrus se briewe vir Christene gee oor hoe om hulle geloof in die elkedagse lewenspraktyk sinvol te beoefen.
Gereed vir die wederkoms? is ideaal vir indivi-due en ook vir kleingroepe. Dit bevat die volledige teks van Petrus se twee briewe.
OUTEUR
Johan Smit was predikant in die NG Kerk-gemeentes Wynberg, Bellville-Oos en Helderberg. Johan was ook vir baie jare ’n aktiewe medewerker by die Kerkbode en Lig. Hy is getroud met Nina en hulle woon in Somerset-Wes.