Genesis 12 – 28

New

R120.00

Dit is God wat die eerste stap neem en vir Abram sê: Ek wil jou God wees en ook die God van jou nageslag. Dit is God wat twee onvrugbare mense kies om die ouers van vele te word. Hy gebruik ʼn swerwer om te wys wat per­manensie is. Hy gebruik ʼn verwerpte ma en seun om te wys wat ware omgee is. Hy neem Isak, wat maar die skaduwee van sy pa is, en maak hom iemand wat wys wie God is. Hierdeur word die onbekende God wat vir Abraham geroep het die bekende, betroubare, liefdevolle Vader van al­mal wat in Hom glo.

In ons nadenke oor die God van Abraham en Isak ontdek ons God kan nooit verskuil word nie. Ons ontdek ook wat dit beteken wanneer God sê: Ek sal jou seën en jy sal ’n seën wees. Hierdie boek nooi jou om in hierdie seën van God te deel en ʼn seën te gaan wees.

SKU: 9780864878991 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: Vader van vele. Die verhaal van Abraham en Isak. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 200

OPSOMMINMG: Abraham is die een mens in die Bybel van wie almal later fa­milie wou wees. In die gestry oor almal se aansprake op Abraham as voorvader word die God van Abraham soms op die agtergrond geskuif. En dit is eers wanneer ons by Hom uitkom dat ons kan sien dat Abraham die vader van vele kan wees omdat God die God van vele is.

Dit is God wat die eerste stap neem en vir Abram sê: Ek wil jou God wees en ook die God van jou nageslag. Dit is God wat twee onvrugbare mense kies om die ouers van vele te word. Hy gebruik ʼn swerwer om te wys wat per­manensie is. Hy gebruik ʼn verwerpte ma en seun om te wys wat ware omgee is. Hy neem Isak, wat maar die skaduwee van sy pa is, en maak hom iemand wat wys wie God is. Hierdeur word die onbekende God wat vir Abraham geroep het die bekende, betroubare, liefdevolle Vader van al­mal wat in Hom glo.

In ons nadenke oor die God van Abraham en Isak ontdek ons God kan nooit verskuil word nie. Ons ontdek ook wat dit beteken wanneer God sê: Ek sal jou seën en jy sal ’n seën wees. Hierdie boek nooi jou om in hierdie seën van God te deel en ʼn seën te gaan wees.

INHOUD

  • ‘n Buitengewone God (Gen 12:1-9)
  • Hoe God ingryp (Gen 12:10-20)
  • God is oral (Gen 13:1-18)
  • In God se voetspore (Gen 14:1-24)
  • God dink groot (Gen 15:1-21)
  • Ongevraagd opgeduik (Gen 16:1-16)
  • Seën onbeperk (Gen 17:1-27)
  • Onverwagse besoekers (Gen 18:1-15)
  • Bereid om te luister (Gen 18:16-33)
  • Bereid om te red (Genesis 19:1-38)
  • Almal baat (Gen 20:1-18)
  • Daar ís ‘n môre (Gen 21:1-21)
  • Seën skemer deur (Gen 21:22-34)
  • Die Here sien en voorsien (Gen 22:1-19)
  • Leef saam met God! (Gen 22:20 – 23:20)
  • Gebid, gesoek en gevind (Gen 24:1-67)
  • God kies nie kant nie (Gen 25:1-18)
  • God trek nie voor nie (Gen 25:19-34)
  • Steeds ‘n seën (Gen 26:1-35)
  • ‘n Nuwe begin altyd moontlik (Gen 27:1 – 28:4)

SKRYWERS
Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek.

Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.