Genesis 1 – 11

R100.00

ʼn Venster op ons Vader is ʼn interpretasie van Genesis 1 – 11 wat antwoorde probeer gee op ons vrae oor hierdie teksgedeelte. In Genesis 1 – 11 ontdek ons die God wat begrip en geduld en genade het met naïewe, astrante, arrogante en magsugtige mense.

SKU: 9780864878984 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: ʼn Venster op ons Vader. Die verhaal van God en mense. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE:  172

OPSOMMING: ʼn Venster op ons Vader is ʼn interpretasie van Genesis 1 – 11 wat antwoorde probeer gee op ons vrae oor hierdie teksgedeelte.

  • Wanneer was die begin?
  • Wat was voor die begin?
  • Wie het vir God geskep?
  • Het God in net sewe dae geskep?
  • Waar is Eden?
  • Was Adam en Eva die eerste man en vrou op die aarde?
  • Kon slange die een of ander tyd praat?
  • Is die slang Satan?
  • Hoekom het die Here Abel se offer aanvaar en Kain sʼn verwerp?
  • Waar het Kain sy vrou gekry?
  • Het mense vroeër regtig ouer as 700 jaar geword?
  • Was Noag God se witbroodjie?
  • Wat van die ander mense wat verdrink het?

In Genesis 1 – 11 ontdek ons die God wat begrip en geduld en genade het met naïewe, astrante, arrogante en magsugtige mense.

INHOUD

  1. Was, is, sal wees! (Gen 1:1-2)
  2. ’n Fees vir die oog (Gen 1:3 – 2:4a)
  3. Verskeie verhoudings (Gen 2:4b-25)
  4. Ondertoe in plaas van boontoe (Gen 3:1-8)
  5. Waar is jy? (Gen 3:9-13)
  6. Son en skadu (Gen 3:14-24)
  7. God se nee ’n ja (Gen 4:1-16)
  8. Met genade omvou (Gen 4:17-26)
  9. Onvolmaak en tog voluit! (Gen 5:1-32)
  10. Magtiges en die Almagtige (Gen 6:1-4)
  11. God kies genade (Gen 6:5-16)
  12. Oorspoel met genade (Gen 6:17 – 7:5)
  13. God se plan (Gen 7:6 – 8:1a)
  14. Hoop en lewe (Gen 8:1-14)
  15. Herstel elke keer weer (Gen 8:15-22)
  16. God hou sy woord (Gen 9:1-17)
  17. Met eer gekroon (Gen 9:18-29)
  18. Almal is begenadigdes (Gen 10:1-32)
  19. ’n Stokkie voor selfverheffing (Gen 11:1-9)
  20. Almal se God (Gen 11:10-26)

SKRYWERS

Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek. Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.