Geloof sonder sekerhede

R175.00

Dit is belangriker om om te weet hóé om te lewe  as om die korrekte belydenis te vind.  Die sin van die Christelike geloof is nie soseer dat dit ’n rustige verblyf in ’n hiernamaals waarborg nie, maar dat ons hiér in liefde teenoor mekaar kan leef en van hierdie wêreld ’n beter plek kan maak.

SKU: 9780796318992 Category:

Description

SUBTITEL: Hoe kan ek nog glo

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 336

UITGEWER: Lux Verbi

OPSOMMING: Dit is belangriker om om te weet hóé om te lewe  as om die korrekte belydenis te vind.  Die sin van die Christelike geloof is nie soseer dat dit ’n rustige verblyf in ’n hiernamaals waarborg nie, maar dat ons hiér in liefde teenoor mekaar kan leef en van hierdie wêreld ’n beter plek kan maak.

Bekende filosofie professor – en gelegitimeerde predikant – Anton van Niekerk, praat openlik oor hoe ons geloof met rede kan versoen.

SKRYWER

Anton van Niekerk is ’n professor in Filosofie en direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy is die skrywer, medeskrywer en redakteur van 17 boeke en het die Stalsprys vir Filosofie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns verower. Hy is ook ’n gelegitimeerde proponent van die NG Kerk. Hy is dus uitstekend geplaas om die eise van die filosofie – vir helder denke en deurdagte argument – met die van die kerk – vir onvoorwaardelike geloof – te versoen