Gee-vreugde

R90.00

Hierdie leesreis gaan dan uiteindelik oor geloof in Jesus Christus. En Stefanus en Paulus se lewe bied aan ons vele skakerings van kleure wat ʼn deeltjie van die mosaïek van Jesus se koninkryk vir ons inkleur.

Mag jou geloof in Jesus Christus groei terwyl jy hierdie boek lees, en mag sy koninkryk deur jou geloof al hoe helderder word.

SKU: gee-vreugde Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: Ontdek die waarde van ligter leef

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 112

OPSOMMING: ʼn Reis van agt weke saam met Stefanus en Paulus. 

Stefanus was vol van die Heilige Gees. Hy was selfloos en hy was vreesloos. Hy was leeg van homself en hy was vol van Jesus. Die vlamme van sy geloof het in die hemel en op die aarde bly brand as tydlose inspirasie. Ons kan dieselfde oor Paulus sê.

Deur met verloop van agt weke saam met Stefanus en Paulus te reis, raak ons bewus van ʼn paar teenstrydighede waarmee almal stoei. Soos dat dit minder hoop en vreugde bring om bymekaar te maak en op te gaar as om blymoedig weg te gee; om jouself te handhaaf en onkreukbaar voor te kom, is baie minder menslik as om gebroke, uitgelewer en leeg van jouself te wees.

Hierdie leesreis gaan dan uiteindelik oor geloof in Jesus Christus. En Stefanus en Paulus se lewe bied aan ons vele skakerings van kleure wat ʼn deeltjie van die mosaïek van Jesus se koninkryk vir ons inkleur.

Mag jou geloof in Jesus Christus groei terwyl jy hierdie boek lees, en mag sy koninkryk deur jou geloof al hoe helderder word.

SKRYWER
Dave Viljoen is predikant by NG gemeente Kenridge.