GayGelowig

R90.79

GayGelowig is ʼn versameling lewensverhale oor gay-wees en gelowig-wees, vertel deur gay gelowiges self. Dit het werklik baie van hulle geverg om openlik oor hulle gay-wees te praat.

In hulle stories vertel hulle van die ontdekking van hulle seksualiteit en van die pad van verwerping en aanvaarding waarop hulle stap. Hulle eerlike, intens persoonlike en unieke stories verwoord hulle vreugdes en hulle seerkry, hulle verwagtings en hulle vrese. Só neem hulle ons saam op hulle reis deur hulle dieptes en hoogtes. Mag hierdie boek gay en straight mense help om mekaar as familie in Christus raak te sien, te hoor, te ondersteun, te begryp, te respekteer, te omarm en lief te hê.

Description

SUBTITEL: Ingesluit in die gesprek

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 168

OPSOMMING: GayGelowig is ʼn versameling lewensverhale oor gay-wees en gelowig-wees, vertel deur gay gelowiges self. Dit het werklik baie van hulle geverg om openlik oor hulle gay-wees te praat.

In hulle stories vertel hulle van die ontdekking van hulle seksualiteit en van die pad van verwerping en aanvaarding waarop hulle stap. Hulle eerlike, intens persoonlike en unieke stories verwoord hulle vreugdes en hulle seerkry, hulle verwagtings en hulle vrese. Só neem hulle ons saam op hulle reis deur hulle dieptes en hoogtes. Mag hierdie boek gay en straight mense help om mekaar as familie in Christus raak te sien, te hoor, te ondersteun, te begryp, te respekteer, te omarm en lief te hê.

INHOUD

Die 28 verhale in hierdie boek word vertel deur die gay mense self. Deur hulle eerlikheid en openheid neem hulle die leser saam op hulle reis van die ontdekking van hulle seksualiteit en van die pad van verwerping en aanvaarding waarop hulle stap.

SAMESTELLER
Marietjie van Loggerenberg het haar aanvanklik as onderwyser bekwaam, later opvoedkundige sielkundige geword en 16 jaar by die destydse Vista-universiteit klas gegee. In 2001 het sy begin met haar opleiding as narratiewe pastorale terapeut. Sy het onlangs haar doktorsgraad verwerf oor die uitwerking van die NG Kerk se 2007-besluit oor homoseksualiteit op gay predikante.