Engele by ons

R141.23

Engele by ons is ’n interessante studie oor engele en beantwoord die mees algemene vrae oor hierdie geestelike wesens. Dit beskryf verskeie persoonlike ontmoetings met engele, waarna die skrywer fokus op wat die Bybel oor engele sê. Sy tref ’n duidelike onderskeid tussen goeie en slegte engele en sluit ook afdelings oor drome, visioene en gesigte, die kwessie van beskermengele, gebedsverhoring en engele en spiritualiteit in.

SKU: 9780796317872 Category:

Description

SUBTITEL: Werklike ervarings – en wat die Bybel sê

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 160

UITGEWER: Lux Verbi

OPSOMMING: Hoeveel beskermengele is daar per persoon? Word mense engele wanneer hulle sterf? Waarvandaan kom engele? Wat is hul aandeel in die geesteswêreld?

Engele by ons is ’n interessante studie oor engele en beantwoord die mees algemene vrae oor hierdie geestelike wesens. Dit beskryf verskeie persoonlike ontmoetings met engele, waarna die skrywer fokus op wat die Bybel oor engele sê. Sy tref ’n duidelike onderskeid tussen goeie en slegte engele en sluit ook afdelings oor drome, visioene en gesigte, die kwessie van beskermengele, gebedsverhoring en engele en spiritualiteit in.

SKRYWER

Sannie Wiese het by Rosebank Bible College studeer, waarna sy betrokke was by die stigting van die eerste NGK Bybelskool in die land (Aasvoëlkop). Sy was vir 10 jaar verbonde aan dié bybelskool. Sy lei steeds Bybelstudiegroepe en gee lesings by Bybelskole.

Sannie Wiese is ook ’n gereelde spreker by verskillende byeenkomste. Verder is sy besig met welsynswerk en dien op die bestuur van die ACVV, Straatwerk en die Groote Kerk in Kaapstad (haar plaaslike gemeente).