Ek glo

R151.00

Hoe moet jy dink, optree en lewe om soos Jesus te wees? Die 30 hoofstukke in Ek glo is in drie oorhoofse temas verdeel en fokus op 10 sleutelgeloofsbelydenisse van die Christelike geloof, 10 sleutelgewoontes van ’n volgeling van Jesus en 10 sleuteldeugde wat iemand kenmerk wat meer soos Jesus begin word. Elke hoofstuk bevat teks uit die Bybel Nuwe Lewende Vertaling met teksverwysings om jou te help om die tema-tiese storie van die Bybel te leef.

SKU: 9781431610150 Category:

Description

SUBTITEL: Leef die storie van die Bybel om meer soos Jesus te word

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 636

OPSOMMING: Hoe moet jy dink, optree en lewe om soos Jesus te wees? Of jy al Die Storie gelees het of nou nuut begin met Ek glo, hierdie boek sal die groot waarhede van die Bybel op ’n duidelike en toeganklike manier aan jou be-kendmaak.
Randy Frazee is die hoofredakteur van hierdie merk-waardige boek. Ek glo neem jou op ’n reis om in jou geloof, aksies en karakter meer soos Jesus te word. Die 30 hoofstukke in die boek is in drie oorhoofse temas verdeel: 10 sleutelgeloofsbelydenisse van die Christelike ge-loof 10 sleutelgewoontes van ’n volgeling van Jesus 10 sleuteldeugde wat kenmerkend is van iemand wat meer soos Jesus begin word
Elke hoofstuk bevat teks uit die Bybel Nuwe Lewende Vertaling met teksverwysings om jou te help om die tematiese storie van die Bybel te leef. Die besprekings-vrae waarmee die boek afgerond word, is ideaal om hierdie reis saam met ander gelowiges te onderneem.

REDAKTEUR
Randy Frazee is die senior leraar by Oak Hills Church in San Antonio, Texas. Hy het gegradueer aan die Dallas Theological Seminary. Randy is die skrywer van The Heart of The Story, The Connecting Church, Making Room for Life, The Christian Life Profile Assessment en Renovation of the Heart Student Edition. Randy en sy vrou, Rozanne, het vier kinders en een kleindogter.