Ek en jy verskil hemelsbreed

R160.00

Geen verhouding is altyd gemaklik en foutloos  of sonder konflik nie. Dit is dikwels die andersheid van jou lewensmaat wat jou in die eerste plek na hom of haar aantrek. Maar later lei hierdie andersheid tot groot konflik. Ek en jy verskil hemelsbreed gee praktiese raad oor hoe om met hierdie verskille saam te leef en julle huwelik ten volle te geniet.

SKU: 9780796319067 Category:

Description

SUBTITEL: Verander verskille in vreugde

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 280

UITGEWER: Lux Verbi

OPSOMMING: Geen verhouding is altyd gemaklik en foutloos  of sonder konflik nie. Dit is dikwels die andersheid van jou lewensmaat wat jou in die eerste plek na hom of haar aantrek. Maar later lei hierdie andersheid tot groot konflik. Ek en jy verskil hemelsbreed gee praktiese raad oor hoe om met hierdie verskille saam te leef en julle huwelik ten volle te geniet.

Huwelike in vandag se realiteit word bespreek en daar word uitvoerig oor verskillende persoonlikheidstipes gepraat. Bekende paartjies se huwelike word as gevallestudies gebruik. Ek en jy verskil hemelsbreed is ’n boek vir jong-getroudes, ontnugterdes, leë-nessers, geskeides, getroudes met jong kinders of diegene wat ’n tweede huwelik oorweeg.

INHOUD
1. Ons almal se realiteit
2. Die huwelik
3. Ons verskillende persoonlikhede
4. Die verstaan van wie ek en jy is
5. Integering van twee verskillende persoonlikhede
6. Bekende huwelikspare se verskille en wenresepte
7. Verskillende agtergronde
8. Die klein jakkalsies
9. Die invloed van kinders op die huwelik
10. Konflik en die hantering daarvan
11. Kinders grootmaak: Hoe om hulle geborge te laat voel
12. Die herstel en omkeer van ‘n ongelukkige huwelik
13. ‘n Tweede huwelik – waarom so kompleks?

SKRYWER

Louise van Coller is ’n Christelike huweliksberader en persoonlikheidsontleder. Sy is in privaatpraktyk in Pretoria. Louise is tans besig met haar doktorsgraad in gesins- en huweliksberading. Sy is getroud met Marco en hulle het twee kinders, Adriaan en Mila.