Droomlewe

R116.00

Jou diepste droom kom nie van jouself af nie. Dit kom van God. Dit is sy droom vir jou: vir wat jy moet doen, en veral vir wie jy gaan word. Hy het dit ingeweef in jou menswees toe Hy jou gevorm het, nog voor jy gebore is.

Nie almal ontdek daardie diepste droom nie. Party mense jaag so agter ander, vlakker drome na dat hulle nie eers besef daar is so ʼn dieper droom in hulle ingeweef nie. Ander dink hulle sien dit, maar sien eintlik hulle eie begeertes vir God se droom aan. Sommige sien iets van God se droom, maar draai hulle rug daarop.

SKU: 9780864878595 Categories: ,

Description

SUBTITEL: ‘n Reis deur die Josef-verhaal

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 128

OPSOMMING: Daar is dinge wat jy graag wil hê. Daar is dinge wat jy hoop om te bereik. Daar is dinge wat jou opgewonde maak.

Dis die roumateriaal waarvan jou drome gemaak is. Sommige van jou drome lê vlak. Jy leef ʼn rukkie daarmee, maar dan vervaag dit weer. Ander drome lê dieper. Dit is ingeweef in jou menswees: in wie jy is, in wie jy graag wil wees. Sonder daardie dieper drome sal jy eenvoudig nie meer jý wees nie.

Jou diepste droom kom nie van jouself af nie. Dit kom van God. Dit is sy droom vir jou: vir wat jy moet doen, en veral vir wie jy gaan word. Hy het dit ingeweef in jou menswees toe Hy jou gevorm het, nog voor jy gebore is.

Nie almal ontdek daardie diepste droom nie. Party mense jaag so agter ander, vlakker drome na dat hulle nie eers besef daar is so ʼn dieper droom in hulle ingeweef nie. Ander dink hulle sien dit, maar sien eintlik hulle eie begeertes vir God se droom aan. Sommige sien iets van God se droom, maar draai hulle rug daarop.

Dit is net die Gees wat ons God se droom kan laat sien. Selfs wanneer jy dit sien, kyk jy nog maar in ʼn spieël en sien ʼn raaiselagtige beeld. Die waarheid oor God se droom vir jou ontdek jy wanneer die Gees jou vorentoe lei, na God se toekoms toe.

Kom lees saam die verhaal van ‘n dromer: Josef. Kyk in die lig van sy verhaal na jou eie lewensverhaal. Bid dat die Gees vir jou iets sal duidelik maak van God se droom vir jou; dat die Gees ons sal lei om daardie droom te leef.

INHOUD

  1. Dromers en drome
  2. Die dromer en sy mense (Gen 37:1-4)
  3. Die dromer droom sy drome (Gen 37:5-11)
  4. Die dromer in die dieptes (Gen 37:12-36)
  5. Die dromer in ʼn ver land (Gen 39)
  6. Die dromer word ʼn wenner (Gen 40 – 41)
  7. Die dromer en sy God (Gen 45 – 50)

SKRYWER

Andries Cilliers is predikant by NG gemeente Sonstraal in Durbanville. Hy is lief vir sy gesin, vir sy werk en vir lees.