Drie maal God

R50.00

Sedert Jesus se opstanding uit die dood en die uitstorting van die Heilige Gees, het die kerk God op drie spesifieke maniere begin aanbid, liefhê en dien: as God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees.

Ná drie eeue, toe die kerk weens teologiese debatte en geskille gedwing is om hulle geloof te verwoord, het die Geloofsbelydenis van Nicea ontstaan, die belydenis wat tot vandag toe deur die meeste kerke wêreldwyd aanvaar en bely word. Vir die eerste keer is die kerk gedwing om die manier waarop hulle God aanbid in leerstellige taal te verwoord. Wat in Nicea gebeur het, was dat die kerk moes verduidelik hoekom hulle God as Vader, Seun en Gees aanbid.

SKU: 9781776160167 Category:

Description

SUBTITEL: Sewe weke saam met die drie-enige God, God vir ons | God by ons | God in ons

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 68

OPSOMMING: Sedert Jesus se opstanding uit die dood en die uitstorting van die Heilige Gees, het die kerk God op drie spesifieke maniere begin aanbid, liefhê en dien: as God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees.

Ná drie eeue, toe die kerk weens teologiese debatte en geskille gedwing is om hulle geloof te verwoord, het die Geloofsbelydenis van Nicea ontstaan, die belydenis wat tot vandag toe deur die meeste kerke wêreldwyd aanvaar en bely word. Vir die eerste keer is die kerk gedwing om die manier waarop hulle God aanbid in leerstellige taal te verwoord. Wat in Nicea gebeur het, was dat die kerk moes verduidelik hoekom hulle God as Vader, Seun en Gees aanbid.

Die wonder van die waarheid dat ons God as Vader, Seun en Gees aanbid, is dat dit impliseer dat God self in ʼn intieme verhouding tussen Vader, Seun en Gees leef. Ons aanbid die God van verhoudings en gemeenskap.

Mag hierdie reeks jou daarom help om in ʼn dieper, ryker en voller verhouding met die drie-enige God te leef. Mag jy al hoe meer beleef dat die genade van ons Here Jesus Christus, die liefde van God ons Vader en die gemeenskap van die Heilige Gees by jou is.

INHOUD
Week 1: Drie maal God
Week 2: God wat skep
Week 3: God van liefde
Week 4: God van genade
Week 5: God wat bevry
Week 6: God van geregtigheid
Week 7: God van vrede

SKRYWER
Tinus van Zyl is predikant by die NG gemeente Durbanville.