Dis tyd om te sing 2020

R100.00

God is by ons teenwoordig. En die beste manier om God se teenwoordigheid te ervaar is deur sang en aanbidding.
Die bundel Dis tyd om te sing is ’n kernliedboek van ons 50 gewildste geloofsliedere. Dit maak dit maklik om hierdie geliefde geloofsliedere saam te sing, op enige plek en by enige geleentheid.
Deur die eeue heen het sang, musiek en liedere gelowiges gevorm en deur moeilike tye in hulle lewe gedra. Met hierdie bundel liedere kan gelowiges saamsing: “Here, hoor ons,” en ook: “Here, hier is ons, stuur ons.” Só sal ons God se nabyheid altyd ervaar.

CD ingesluit!
Al die liedere in Dis tyd om te sing 2020 is op die CD en word deur die BM Sanggroep gesing. Dié sanggroep is: Anrika Engelbrecht, Hein Roelofse, Pierre Taljaard, Luhani Engelbrecht, Jurie Louw, Cornel Engelbrecht, Nadia van Wyk, Niané Engelbrecht, Janco Scholtz, Joané van Wyk, Miguel Leitao en Faani Engelbrecht.

SKU: 9781776160372 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: ’n Kernliedboek van ons 50 gewildste geloofsliedere

FORMAT: Boek + CD

AANTAL BLADSYE: Boek 92

BESKRYWING: God is by ons teenwoordig. En die beste manier om God se teenwoordigheid te ervaar is deur sang en aanbidding.
Die bundel Dis tyd om te sing is ’n kernliedboek van ons 50 gewildste geloofsliedere. Dit maak dit maklik om hierdie geliefde geloofsliedere saam te sing, op enige plek en by enige geleentheid.
Deur die eeue heen het sang, musiek en liedere gelowiges gevorm en deur moeilike tye in hulle lewe gedra. Met hierdie bundel liedere kan gelowiges saamsing: “Here, hoor ons,” en ook: “Here, hier is ons, stuur ons.” Só sal ons God se nabyheid altyd ervaar.

CD ingesluit!
Al die liedere in Dis tyd om te sing 2020 is op die CD en word deur die BM Sanggroep gesing. Dié sanggroep is: Anrika Engelbrecht, Hein Roelofse, Pierre Taljaard, Luhani Engelbrecht, Jurie Louw, Cornel Engelbrecht, Nadia van Wyk, Niané Engelbrecht, Janco Scholtz, Joané van Wyk, Miguel Leitao en Faani Engelbrecht.

INHOUD
Kersfees en Advent
1. Die Heiland is gebore
2. Kom, alle getroues
3. Karoo Kerslied
4. O die goeie tyding
5. Herders op die ope velde
6. Stille nag, heilige nag
7. O kom, o kom, Immanuel

Epifanie
8. Heilige Jesus (L168)
9. Al val ek ver (Steeds nader by)
10. Neem my lewe, laat dit, Heer
11. Nader tot die Here
12. Heilig, heilig (L172)

Lydenstyd
13. Wat ’n vriend het ons in Jesus
14. Sien hoe Jesus daar loop
15. Om die tafel van my Heer
16. Jesus alleen

Paasfees
17. Herder Heer
18. Sy liefde is meer
19. Kom, almal, laat julle stem verrys
20. U is die Lig wat deur die donker skyn
21. Jesus, ons eer U, opgestane Heer

Koninkrykstyd
22. Loof heel die skepping
23. Helder skyn ons lig
24. Soos in die hemel
25. Ons Vader wat woon in die hemel
26. Ons glo in U alleen
27. Ek glo
28. Ek sal daar wees
29. Seën ons, Here God
30. Wonderbare Koning
31. Praat ek mense-, eng’letale / Vreugde, vreugde

Lofprysing
32. Grote God, aan U die eer
33. Prys die Heer, want Hy is goed
34. Jesus, ons loof U
35. Prys Hom, die Hemelvors
36. Lofsing die Heer, buig voor Hom neer
37. Majesteit
38. Lofsing die Here
39. Loof die Here, al wat lewe

Kerk
40. Hier is u kerk
41. ’n Vaste vesting
42. Christus, die vaste anker
43. Heer, ons bid vir Afrika
44. Stuur ons, Here (L533)
45. Laat u ryk hier kom

Toewyding
46. Ek smag na U
47. Soos ’n wildsbok
48. Dis tyd om te sing
49. Groot is u trou, o Heer
50. Wees stil en weet