Die wonderwerke van Jesus en ander lekkerluister stories vir klein oortjies

R90.79

Die wonderwerke van Jesus bestaan uit ‘n klank-CD met 15 stories oor Jesus se wonderwerke en ‘n inkleurboek met prente van elke storie. Kleuters leer ken vir Jesus, die mense wat Hy ontmoet het en die dinge wat Hy gedoen het. Dít wat die kleinspan op CD hoor, word vasgelê met die inkleur van die ooreenstemmende prente.

SKU: CD Category:

Description

INHOUD

Op die CD is die volgende klanksnitte:

1. Johannes – God se spesiale boodskapper

2. Koning Jesus word gebore

3. Jesus word groot (Simeon en Anna, Jesus bly agter in Jerusalem)

4. Jesus word gedoop en deur die duiwel gepla

5. Jesus se spesiale vriende (die dissipels word gekies)

6. Jesus maak ’n verlamde man gesond

7. Jesus maak ’n offisier se slaaf gesond

8. Jesus maak ’n man wat dood was, weer lewend

9. Die gelykenis van die saaier

10. ’n Bietjie brood word baie

11. Saggeus ontmoet vir Jesus

12. Jesus ry op ’n donkie

13. Die eerste Paasfees

14. Jesus oorwin die dood

15. Jesus verskyn aan twee reisigers

SKRYWER

Susan Goosen is ‘n gereeld rubriek-skrywer vir die tydskrif LIG. Sy is ook die skrywer van die boek My Bybelbeloftes vir kinders wat deur Bybel-Media uitgegee is.