Die Weg

R60.00

Die reis saam met God Die vierde in ’n reeks vir geloofsvorming (kategese) vir senior jeuggroepe. Ons verhouding met die Here is ’n reis. Trouens, ons hele lewe is ’n reis waarby God by ons is. Gebruik saam met GPS, JPEG en FACEBOEK.

SKU: 9780864875037 Categories: , , , ,

Description

SUBTITEL: Die reis saam met God

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 72

OPSOMMING: “Die mense van die Weg.” Só is die vroeë volgelinge van Jesus genoem. Hulle was almal saam op reis met God deur die wêreld – op weg met God, sou mens kon sê.

Die Bybel praat oor ons verhouding met die Here as ’n reis. Ons hele lewe is ’n reis – want vandag is ons nie meer waar ons gister was nie, en môre gaan ons nuwe dinge ervaar en beleef. Goed en sleg.

Die Prediker skryf oor die reis of weg waarop ons is: “Hou jou oë op die pad vorentoe, kyk reg voor jou uit. Moenie links of regs wegdraai nie, weerhou jou van die verkeerde koers.”

In Die Weg kyk ons na verskillende en uiteenlopende Bybelkarakters en hulle reise met God. Baie se reis het hulle op ompaaie, alternatiewe paaie en kruispaaie geneem. Daar was egter ook diegene wat gewaag het en oorgrenspaaie geneem het. Vir sommige was die reis opwindend en opbouend. Vir ander het die reis selfs tragies geëindig, soos vir Simson. God was by elkeen op sy reis. Dit maak elke (lewens)reis die moeite werd.

Die Weg is vol padtekens en wegwysers en alles wat met reis te doen het. Die Weg is egter nie vir die toeris bedoel nie, maar vir die pelgrim. Want daar is ’n duidelike verskil. Toeriste wil soveel as moontlik sien, ’n foto neem en dan by die volgende besienswaardigheid kom. Pelgrims reis met ’n doel. ’n Pelgrimstog bring verandering en verdieping by die reisiger. Die reis saam met God word ’n pelgrimstog. Ons hoop dat Die Weg vanjaar vir jou ’n pelgrimstog sal wees.

Die Weg bestaan uit vier dele: ompaaie, alternatiewe paaie, kruispaaie en oorgrenspaaie. Dit wemel van Bybelkarakters wat saam met God gereis het. By elke afdeling is daar ses Bybelkarakters wie se reis saam met God só beskryf kan word. Ons leer ken hierdie karakters as gewone mense wie se pad met God gekruis het. By elke ontmoeting is daar biografiese inligting oor die karakter, ’n kaart wat wys waar die karakter geleef en gewerk het, wegwysers uit die Skrif, vrae en antwoorde vir vandag en ’n “border crossing” om die een of ander uitdaging aan te gryp.

INHOUD

1. Lewensreis

Die wegwysers
Ompaaie

2. Abraham – Bly by God se plan

3. Bileam – Verkeerde afrit

4. Jakob – Die lang pad

5. Saul – Padverdeling

6. Moses – Agterpaaie

7. Die volk van God

Going nowhere
Alternatiewe paaie

8. Hosea – Slaggate in die pad

9. Rut – Pad na die vreemde vol verrassings

10. Ester – Waagpad na oorwinning

11. Simson – Afdraaipad word doodloopstraat

12. Josia – Draai nie links of regs af nie

13. Timoteus

Vat voor!
Kruispaaie

14. Jesus se intog in Jerusalem – Donkie kruis paaie met strydwaens en perde

15. Die offisier se slaaf -“Wat jy geglo het, sal gebeur”

16. Maria en Elisabet – Van doodgewoon na ’n plek in God se plan

17. Jesus sweet bloed – Lydensweg na die kruis

18. Dissipels by die graf -“Moenie bang wees nie”

19. Manne van Emmaus

Te voet saam met ’n vreemdeling
Oorgrenspaaie

20. Adam en Eva – God steek die grens na ons toe oor

21. Jona – Onwillig oor die grens …

22. Gideon -Oor my grens

23. Petrus en Kornelius -Wie’s “hot” en wie’s “not”?

24. Filippus -Reis saam met die outcast

25. Die vroue by Jesus

Vasgevang – vrygelaat
Die reis saam met God – diagram

26. My reis -Die einde – die begin

SKRYWERS

Alex Clark

Jakkie du Preez

Danny Fourie

Vicus Kruger

Wynand Olivier

Waldemar Stumpfe

Ilze van der Merwe

Charl van Rensburg

Danie Vermaak

Morné Visagie

Nico Weeber