Die pad na jou ware self: Studiegids

Sale!

New

R100.00 R50.00

Wil jy selfs dieper delf in die Enneagram? Ian Cron en Suzanne Stabile het ’n studiegids geskep wat jou in staat sal stel om selfs meer uit Die pad na jou ware self te kry. Vir diegene wat nog nie weet wat hul tipe is nie, bied dié studiegids die geleentheid om die tipes te verken, en vir diegene wat dit wel weet, bied dit die geleentheid om te besin oor die implikasies vir groei.

Dit sluit in:
• SNAP – ’n oefening vir persoonlike groei
• ’n Oorsig oor die Enneagram met nuwe inligting oor die intelligensiesentrums
• Vyf sessies met vrae spesifiek gerig op persoonlike groei of vir groepbespreking, asook plek om antwoorde neer te skryf
• Gedagtes van individue van elke tipe oor hoe dit is om daardie tipe te wees

Hetsy jy op jou eie of in groepsverband deur hierdie studiegids werk, dit sal jou in staat stel om te groei in kennis oor jouself, empatie vir ander en jou liefde vir God.

SKU: 9781415337912 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 69

OPSOMMING: Wil jy selfs dieper delf in die Enneagram? Ian Cron en Suzanne Stabile het ’n studiegids geskep wat jou in staat sal stel om selfs meer uit Die pad na jou ware self te kry. Vir diegene wat nog nie weet wat hul tipe is nie, bied dié studiegids die geleentheid om die tipes te verken, en vir diegene wat dit wel weet, bied dit die geleentheid om te besin oor die implikasies vir groei.

Dit sluit in:
• SNAP – ’n oefening vir persoonlike groei
• ’n Oorsig oor die Enneagram met nuwe inligting oor die intelligensiesentrums
• Vyf sessies met vrae spesifiek gerig op persoonlike groei of vir groepbespreking, asook plek om antwoorde neer te skryf
• Gedagtes van individue van elke tipe oor hoe dit is om daardie tipe te wees

Hetsy jy op jou eie of in groepsverband deur hierdie studiegids werk, dit sal jou in staat stel om te groei in kennis oor jouself, empatie vir ander en jou liefde vir God.

SKRYWER
Ian Cron is ’n topverkoperskrywer, bekende spreker, Enneagram-kenner, raadgewer, liedjieskrywer en Episkopaalse priester. Hy het al verskeie boeke geskryf waaronder Chasing Francis en Jesus, My Father, the CIA, and Me. Hy woon saam met sy vrou, Anne, in Nashville, Tennessee.
Suzanne Stabile is ’n gesogte spreker, opvoeder en internasionaal bekende Enneagram-kenner. Sy en haar man, eerw. Joseph Stabile, is stigters van Life in the Trinity Ministry. Hulle het verskeie oudio-hulpbronne bekendgestel, wat The Enneagram Journey-kurrikulum insluit. Hulle is gevestig in Dallas, Texas.