Die oorwinnaar

New

R250.00

Basketbal-afrigter John Harrison se lewe verander oornag wanneer die grootste aanleg in die omgewing onverwags sluit. Honderde gesinne verlaat die dorp en sy droom van ’n basketbal-kampioenskap spat aan skerwe. Wanneer die skoolhoof hom boonop vra om ’n sport af te rig wat hy nie ken of eens van hou nie, voel John gefrustreerd en begin sy doel en waarde bevraagteken. Dan leer ken hy ’n jong leerder wat met haar eie lewenskwessies worstel …

’n Toevallige ontmoeting verander John se hele lewe. Geïnspireer deur die woorde en gebede van hierdie nuwe vriend, word John die onwaarskynlikste afrigter vir die onwaarskynlikste atleet wat die onmoontlike wil probeer in die belangrikste wedloop van die jaar.

Die oorwinnaar is gebaseer op die fliek Overcomer deur Alex en Stephen Kendrick. Hierdie aangrypende verhaal ondersoek die Bybelse beginsels in Efesiërs en sal lesers lei om hulle ware identiteit in Christus te vind.

SKU: 9781431623310 Category:

Description

SUBTITEL: ’n Onwaarskynlike atleet, ’n teësinnige afrigter en die belangrikste wedloop van die jaar lei tot ’n wonderlike oomblik van selfontdekking.

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 316

OPSOMMING: Basketbal-afrigter John Harrison se lewe verander oornag wanneer die grootste aanleg in die omgewing onverwags sluit. Honderde gesinne verlaat die dorp en sy droom van ’n basketbal-kampioenskap spat aan skerwe. Wanneer die skoolhoof hom boonop vra om ’n sport af te rig wat hy nie ken of eens van hou nie, voel John gefrustreerd en begin sy doel en waarde bevraagteken. Dan leer ken hy ’n jong leerder wat met haar eie lewenskwessies worstel …

’n Toevallige ontmoeting verander John se hele lewe. Geïnspireer deur die woorde en gebede van hierdie nuwe vriend, word John die onwaarskynlikste afrigter vir die onwaarskynlikste atleet wat die onmoontlike wil probeer in die belangrikste wedloop van die jaar.

Die oorwinnaar is gebaseer op die fliek Overcomer deur Alex en Stephen Kendrick. Hierdie aangrypende verhaal ondersoek die Bybelse beginsels in Efesiërs en sal lesers lei om hulle ware identiteit in Christus te vind.

SKRYWER
Chris Fabry is ’n bekroonde skrywer en radiopersoonlikheid. Chris se romans het al drie Christy Awards, ’n ECPA Christian Book Award en Christianity Today se Book Award of Merit ontvang. Hy het in 1982 gegradueer aan W. Page Pitt School of Journalism by Marshall University. Chris kom oorspronklik van Wes-Virginië en bly nou saam met sy vrou, Andrea, in Arizona. Hulle het nege kinders.