Die hart van dissipelskap

R166.45

Mense identifiseer hulleself redelik maklik as “Christene”, maar hulle is huiwerig om hulleself “dissipels” te noem. Hoekom sou dit wees? As ons onsself as dissipels identifiseer, maak ons ’n stelling oor die gehalte van ons volgelingskap. Hierdie 25 ontmoetings van Die hart van dissipelskap is spesifiek ontwerp om klein dissipelskap-eenhede te vestig, wat dan later kan vermeerder. Vir persoonlike of groepstudie.

ebook iconKlik hier vir e-boek

Description

SUBTITEL: Riglyne om jou lewe in Christus te bou

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 344

OPSOMMING: Volgens Michael Wilkins identifiseer mense hulleself redelik maklik as “Christene”, maar hulle is huiwerig om hulleself “dissipels” te noem. Hoekom sou dit wees? Om ’n Christen te wees is maklik. Al wat van ons gevra word, is om te erken ons het ’n behoefte aan ’n Verlosser en om ’n geskenk te ontvang wat ons nie kan verdien nie en inderdaad glad nie verdien nie. As ons onsself as dissipels identifiseer, maak ons egter ’n stelling oor die gehalte van ons volgelingskap. Om ’n Christen te wees is ’n stelling oor wat Christus vir ons gedoen het; om ’n dissipel te wees is ’n stelling oor wat ons vir Christus doen. Ons probleem is dat ons vrede gemaak het met ’n onbybelse onderskeid. Christenleiers het die boodskap uitgestuur dat dit goed genoeg is om ’n Christen te wees sonder om ’n dissipel van Christus te wees. Ons verwag dat slegs ’n klein persentasie van Christene tot die kategorie “dissipelskap” sal “gradueer”. Ons pluk nou die vrugte van hierdie vals boodskap wat ons verkondig het. Christenleiers erken vandag oor die algemeen dat ons tragies misluk het in ons taak om dissipels van mense te maak. George Barna en George Gallup sê voortdurend vir ons hulle opnames wys dat daar in terme van morele waardes en leefstylkeuses min verskil tussen Christene en nie-Christene is. Ons word tot in ons diepste wese in gevaar gestel.

UITGEWER: Bybel-Media

SKRYWER
Greg Ogden is ’n skrywer, spreker en aanbieder van dissipelskapkursusse. Hy bly in Monterey, Kalifornië. Voorheen was hy leraar in dissipelskap by die Christ Church of Oak Brook in Oak Brook, Illinois. Tans is hy verbonde aan die Fuller Theological Seminary in Pasadena, Kalifornië, waar hy ongeordende persone in dissipelskap oplei. Hy was vir 23 jaar ’n leraar van die Presbiteriaanse Kerk van Amerika.