Die groot storie

R199.00

God se Woord is ons lewensbrood, maar vir die jonger geslag kan dit uitdagend wees om die Bybel te bestudeer. Die formele ou styl van aanbieding steel dikwels die varsheid van dié “brood”. Die groot storieis anders: Dit is ’n handleiding gerig op tieners met ’n vars, moderne aanslag. Dit bied tieners ’n meer verstaanbare grondslag vir hul geloof en sal hulle lus maak vir meer.Die boek vertel die “groot storie” – God se storie – op ’n interaktiewe manier sodat jong lesers ingetrek word. Dit bied ’n chronologiese oorsig van God se volk se geskiedenis, Jesus se tyd hier op aarde, insluitend sy kruisdood en hemelvaart, die stigting van die Kerk en die geloofsgemeenskap nou. Daarby bevat elke hoofstuk ook eietydse illustrasies, nuttige inligting oor die Bybelse wêreld, sleutel-Skrifgedeeltes, die hoogtepunte van ’n spesifieke gedeelte van die Bybel, wie die hoofkarakters is en punte vir nadenke. Dit is geskryf in ’n gemaklike styl wat tot tieners sal spreek – ’n moet-hê-boek vir enige jong Christen.

SKU: 9781415340479 Category:

Description

SUBTITEL: Kry ’n greep op die belangrikste mense, gebeure en boodskap van die Bybel!

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 248

OPSOMMING: God se Woord is ons lewensbrood, maar vir die jonger geslag kan dit uitdagend wees om die Bybel te bestudeer. Die formele ou styl van aanbieding steel dikwels die varsheid van dié “brood”. Die groot storieis anders: Dit is ’n handleiding gerig op tieners met ’n vars, moderne aanslag. Dit bied tieners ’n meer verstaanbare grondslag vir hul geloof en sal hulle lus maak vir meer.Die boek vertel die “groot storie” – God se storie – op ’n interaktiewe manier sodat jong lesers ingetrek word. Dit bied ’n chronologiese oorsig van God se volk se geskiedenis, Jesus se tyd hier op aarde, insluitend sy kruisdood en hemelvaart, die stigting van die Kerk en die geloofsgemeenskap nou. Daarby bevat elke hoofstuk ook eietydse illustrasies, nuttige inligting oor die Bybelse wêreld, sleutel-Skrifgedeeltes, die hoogtepunte van ’n spesifieke gedeelte van die Bybel, wie die hoofkarakters is en punte vir nadenke. Dit is geskryf in ’n gemaklike styl wat tot tieners sal spreek – ’n moet-hê-boek vir enige jong Christen.

SKRYWER
Werner Strauss en sy vrou Lizelle met hul vier kinders woon tans in Kimberley. Hy is vir die afgelope sestien jaar in die voltydse bediening. Werner het ’n passie vir opleiding en leierskap en dien in verskeie leierskap posisies. Hy het meestersgrade in beide Teologie en Organisatoriese Leierskap verwerf.Tienie van Wyngaard is die presiderende leraar van die AGS Gemeente in Groblersdal. Hy het ’n passie vir dissipelskap, is getroud met Marelize en hulle het twee seuns, Tiaan en Reinhardt.Schalk Holloway het ’n ryk agtergrond in Christen bediening. Hy het meer as ’n dekade se ervaring waar hy direk met jeug en jeugmentors in Suid-Afrika gewerk het. Hy is ook die outeur van verskillende opleidingskursusse.