Die Groot Gebedeboek

R232.01

Die Groot gebedeboek bevat meer as 500 klassieke en eietydse gebede. Meer as 300 mense — van verskillende tye en kulture — stort in aangrypende gebede hul emosies, probleme, worsteling én hul liefde vir en verwondering oor God uit.

SKU: 9780796319029 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 448

OPSOMMING: Die Groot gebedeboek bevat meer as 500 klassieke en eietydse gebede. Meer as 300 mense — van verskillende tye en kulture — stort in aangrypende gebede hul emosies, probleme, worsteling én hul liefde vir en verwondering oor God uit.

Dié omvattende bundel kan gebruik word as dagboek vir 366 dae (met Skrifgedeelte en gebed), maar ook as naslaanbron vir verskillende behoeftes en geleenthede. Die Groot gebedeboek bevat indekse om temas, outeurs en voorgestelde Skrif-leesgedeeltes na te slaan.

’n Onontbeerlike klassieke boek in ‘n nuwe baadjie.

SKRYWER

Professor Piet Naudé is die vise-kanselier van akademie by die Nelson Mandela Metro Universiteit en buitengewone professor by Stellenbosch Universiteit se Teologiedepartement. Hy is al verskeie kere bekroon vir sy skryfwerk, onder andere die Andrew Murray-Desmond Tutu-prys in 2011. Hy skryf gereeld vir Lééf.