Die Goorgomgaaitjie

R167.00

LiG-intekenaarprys: R85.00

ONTVANG 50% AFSLAG BY DIE LiG-BOEKKLUB
Koop uitgesoekte boeke teen halfprys as jy ‘n LiG-intekenaar is. 
GEBRUIK JOU INTEKENNOMMER AS KOEPON OM AFSLAG TE KRY. 

Veels geluk met jou verjaardag, Goorgomgaaitjie! Vier tien jaar van dié bekroonde gesinsgunsteling met hierdie spesiale herdenkingsuitgawe. Die Goorgomgaaitjie, geskep deur een van die suksesvolste prenteboekspanne ooit, is ’n ware moderne treffer, ’n gunsteling onder miljoene kinders oor die wêreld heen. Hierdie tweede avontuur in die diep donker woud is net so briljant soos die eerste.
Sedert sy noue ontkoming met die Nare Muis, glo die Goorgomgaai dat geen goorgomgaai ooit die donker woud moet ingaan nie. Natuurlik luister die kleingoed selde na hulle ouers en een nag besluit die Goorgomgaaitjie om die woud te gaan verken, want die Nare Muis kan tog nie regtig bestaan nie!

SKU: 9780798171489 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 32

BESKRYWING: Veels geluk met jou verjaardag, Goorgomgaaitjie! Vier tien jaar van dié bekroonde gesinsgunsteling met hierdie spesiale herdenkingsuitgawe. Die Goorgomgaaitjie, geskep deur een van die suksesvolste prenteboekspanne ooit, is ’n ware moderne treffer, ’n gunsteling onder miljoene kinders oor die wêreld heen. Hierdie tweede avontuur in die diep donker woud is net so briljant soos die eerste.
Sedert sy noue ontkoming met die Nare Muis, glo die Goorgomgaai dat geen goorgomgaai ooit die donker woud moet ingaan nie. Natuurlik luister die kleingoed selde na hulle ouers en een nag besluit die Goorgomgaaitjie om die woud te gaan verken, want die Nare Muis kan tog nie regtig bestaan nie!

SKRYWERS
Julia Donaldson het al meer as veertig boeke en toneelstukke vir kinders en tieners geskryf. Haar bekendste werk, Die Goorgomgaai, het drie belangrike Britse literêre pryse gewen (die Smartiesprys, die Blue Peterprys en die Experian “Big Three”prys). Die Goorgomgaai bly steeds ’n topverkoper wêreldwyd.
Axel Scheffler is in 1957 in Hamburg, Duitsland gebore. Hy het kortliks Kunsgeskiedenis by die Universiteit van Hamburg gestudeer, maar het nie die graad voltooi nie. Hy het toe in Engeland illustrasie by die Bath Akademie van Kuns gaan studeer. Axel trek toe Londen toe waar hy begin illustreer vir reklame maatskappye, tydskrifte en koerante.