Die geïllustreerde woorde van Jesus vir vroue

R202.00

Jesus se woorde vir vroue bevat 366 inspirerende dagstukke oor Jesus se woorde uit die pen vanCarolyn Larsen. Met die 366 pragtige woordkunsteksverse
wat ingekleur kan word, kan jy Jesus se woorde werklik jou eie maak. Elke dagstuk word verder afgerond met ’n gebed of inspirerende aanhaling
en plek vir persoonlike notas.

SKU: 9781431615964 Category:

Description

SUBTITEL: Laat Jesus se woorde jou hart aanraak terwyl die 366 inkleur-ontwerpe jou siel verryk

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 392

OPSOMMING: Jesus se woorde staan vir altyd vas – van die dag toe Hy dit gesê het en dit in die Evangelies opgeneem is, tot vandag toe. En dit is hierdie rotsvaste vertroosting, raad en aanmoediging wat Carolyn Larsen vir vandag se vrou verwoord in Die geïllustreerde woorde van Jesus vir vroue.
Vroue kan in hierdie dagboek Jesus se woorde werklik hul eie maak met die 366 pragtige woordkunsteksverse by elke dagstuk. Carolyn Larsen wys vroue hoe hierdie woorde van Jesus op elke aspek van ’n vrou se lewe van toepassing is. Saam met die woordkuns-ontwerpe wat ingekleurkan word, sluit elke dagstuk af met ’n gebed of inspirerende aanhaling en daar is ook plek vir persoonlike notas. In ’n wêreld waar vroue daagliks voor groot uitdagings te staan kom, sal die wyse woorde van Jesus hulle inspireer terwyl hulle ook uiting aan hulle kreatiwiteit
kan gee.

OUTEUR
Carolyn Larsen is ’n skrywer, aktrise en ervare spreker met ’n Godgegewe passie om met vroue en kinders te werk. Sy het al by talle konferensies in Amerika, Kanada en Indië opgetree. Carolyn het al meer as 40 boeke vir kinders en volwassenes geskryf. Sy het al verskeie pryse daarvoor ontvang. Carolyn en haar man, Eric, woon in Glen Ellyn, Illinois. Hulle het drie volwasse kinders.