Die Gees maak alles nuut

R100.00

Individuele Bybelstudies plus ses byeenkomste vir kleingroepe. Het jy al ervaar dat ’n nuwe intrekker plekke in jou bekende omgewing besoek waarvan jy nie eens geweet het nie? Of het jy al in ’n toerismegids of -tydskrif gelees oor plekke waar jy reeds was, maar dan kan jy nie glo wat jy alles gemis het terwyl jy daar was nie? Ons dink dit kan ook met die boek Handelinge gebeur as ’n mens net die moeite wil doen om ’n bietjie dieper te delf. Daar lê ’n ongelooflike reis voor!

PREKE
Klik op die opskrifte om die Word en PowerPoint dokumente af te laai.
 

Description

SUBTITEL: Reis in 40 dae deur handelinge

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 249

OPSOMMING: Het jy al ervaar dat ’n nuwe intrekker plekke in jou bekende omgewing besoek waarvan jy nie eens geweet het nie? Of het jy al in ’n toerismegids of -tydskrif gelees oor plekke waar jy reeds was, maar dan kan jy nie glo wat jy alles gemis het terwyl jy daar was nie? Ons dink dit kan ook met die boek Handelinge gebeur as ’n mens net die moeite wil doen om ’n bietjie dieper te delf.

Daar lê ’n ongelooflike reis voor!

Vir hierdie 40 dae lange reis het die skrywers spesifiek twee belangrike lense gekies om die verhaal in Handelinge mee te lees: (1) Die beweging van die Heilige Gees en (2) Die weerloosheid van gelowigesin hulle getuienis.

· Die lens van Die beweging van die Heilige Gees maak ons daarvan bewus dat God in ons leefwêreld teenwoordig is en optree. Ons is nie altyd daarvan bewus of sensitief daarvoor nie, maar God is daar.

· Die ander lens – Die weerloosheid van gelowiges – help ons om raak te sien dat die mense in die verhaal broos en swak is. Hierdie lens beklemtoon juis God se werking te midde van mense se onvermoë.

Aan die einde van elke dag se studie is daar plek waar jy jou gedagtes as ’n joernaalinskrywing kan neerskryf, asook ’n gebed na aanleiding van die tema van die dag. Aan die einde van elke week is daar ’n Bybelstudie wat in ’n kleingroepbyeenkoms gebruik kan word.

Handelinge neem die verhaal van die evangelie verder, soos dit ná Jesus se hemelvaart verloop het. Die Gees maak alles nuut is ’n handige gids vir individue en groepe om die verloop van hierdie verhaal te ontdek. Maar ook om te besin oor jou pad met die vernuwende krag van die Gees.

INHOUD

Week 1: Die Gees maak alles nuut

Week 2: Die Gees vorm ’n geloofsgemeenskap

Week 3: Die Gees bring radikale verandering

Week 4: Die Gees keer mag op sy kop

Week 5: Die Gees neem die geloofsgemeenskap op reis

Week 6: Sodat God vir almal mooi sal word

SKRYWERS

Eddie Orsmond is predikant van die NG gemeente Simondium

Johann du Plessis is predikant van die NG gemeente Kenridge

Rethie van Niekerk is predikant van die NG gemeente Somerstrand

Hennie Fouché is predikant van die NG gemeente Hottentots-Holland