Description
SUBTITEL: Gesprek oor doop, geloofsvorming en huisgeloof
FORMAAT: DVD
BESKRYWING: Hier DVD is ‘n baie kragtige hulpmiddel vir predikante vir die sinvolle inrigting van doopkategese. In 5 kort videoinsetsels word voornemende doopouers blootgestel aan die teologiese begronding vir die kinderdoop, gehelp om in die eerste 1000dae van hul kindjie se lewe die grootste verskil moontlik te maak en hoe om geloof in hulle huise voor te leef en oor te dra. As ouers die DVD voor die doopkategese kan kyk en bespreek sal die doopkategese saam met die predikant nuwe diepte en sinvolle gesprek moontlik maak.
INHOUD
1. Ons verstaan van die doop – Hannes van der Merwe
2. Ek deur God se oë – Martin Slabbert
3. Die 1ste 1000 dae van jou kind se lewe – Freda Wilkens
4. Geloofsvorming by die huis – Thinus van Staden
5. Liturgie van die lewe – Thomas Dreyer