Die dag na die rowers opgedaag het

R166.45

Roof, kanker, dood, egskeiding is net enkele van die slegte dinge wat oor elkeen van ons se pad kom. Maar wat bly daarna oor? Hoe kyk jy die lewe in die oë wanneer jy nie wíl aangaan nie? Begin by vandag, sê Johan Pienaar. Dis wat jy vandag doen wat bepaal hoeveel sin en betekenis jou lewe gaan hê. En hoewel niemand werklik antwoorde op die lewe se moeilikste vrae het nie, daag die skrywer jou uit om steeds elke dag voluit te leef. Vergesel Johan Pienaar op ‘n reis van 30 dae en leer hoe om nie net te óórleef nie, maar weer optnuut te lééf. Matteus 6:34 Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.

SKU: 9780796319272 Category:

Description

SUBTITEL: Leef hier en nou
FOMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 200

OPSOMMING: Roof, kanker, dood, egskeiding is net enkele van die slegte dinge wat oor elkeen van ons se pad kom. Maar wat bly daarna oor? Hoe kyk jy die lewe in die oë wanneer jy nie wíl aangaan nie? Begin by vandag, sê Johan Pienaar. Dis wat jy vandag doen wat bepaal hoeveel sin en betekenis jou lewe gaan hê. En hoewel niemand werklik antwoorde op die lewe se moeilikste vrae het nie, daag die skrywer jou uit om steeds elke dag voluit te leef. Vergesel Johan Pienaar op ‘n reis van 30 dae en leer hoe om nie net te óórleef nie, maar weer optnuut te lééf.

Matteus 6:34 Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernis. Elke dag bring genoeg moeilikheid van sy eie.

SKRYWER
Dr. Johan Pienaar, voorheen gemeentepredikant en moderator in die NG Kerk, is ‘n opgeleide bestuurs- en verhoudingskonsultant en raadgewer vir verskeie direksies. Hy tree gereeld landswyd op as ’n motiveringspreker en is ook bekend vir veral sy radiowerk. Johan is getroud met Rita, ‘n onderwyseres, en hulle het drie getroude kinders.