Die Bybel – Verantwoordelik Lees is Krities Lees

R76.00

‘n Liefdevolle begeleiding uit die hart van ‘n kritiese gees met ‘n passie om die boodskap van God se Woord vir ons tyd verstaanbaar en daardeur geloofwaardig te maak. Aan die een kant is die skalpel wat diep sny en nie skroom om vasgegroeide misverstande (wat mense sonder meer aanvaar) te ontbloot nie. Nurnberger wys op die gevolge van onoordeelkundige Bybellees en hoe dit die Bybelboodskap vandag ondermyn. Aan die ander kant is daar die dringende uitnodiging om God se Woord vir ons moderne wereld te laat klink. Dit vra insig in die goue draad wat deur die Bybelboodskap loop: van die God wat net net te veel omgee om sy visie van omvattende welsyn vir sy wereld prys te gee. God gryp deur al die tye in om by die probleme en nood van sy mense in daardie omstandighede uit te help. So neem God die mensdom elke keer ‘n entjie verder op pad na sy visie van omvattende welsyn: volledige lewensvervulling in alle opsigte. Die fokus val nou op ons verantwoordelikheid om hierdie boodskap te laat grondvat in die wereld waarin ons leef.

SKU: 9780796310354 Categories: ,

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 320

OPSOMMING: ‘n Liefdevolle begeleiding uit die hart van ‘n kritiese gees met ‘n passie om die boodskap van God se Woord vir ons tyd verstaanbaar en daardeur geloofwaardig te maak. Aan die een kant is die skalpel wat diep sny en nie skroom om vasgegroeide misverstande (wat mense sonder meer aanvaar) te ontbloot nie. Nurnberger wys op die gevolge van onoordeelkundige Bybellees en hoe dit die Bybelboodskap vandag ondermyn. Aan die ander kant is daar die dringende uitnodiging om God se Woord vir ons moderne wereld te laat klink. Dit vra insig in die goue draad wat deur die Bybelboodskap loop: van die God wat net net te veel omgee om sy visie van omvattende welsyn vir sy wereld prys te gee. God gryp deur al die tye in om by die probleme en nood van sy mense in daardie omstandighede uit te help. So neem God die mensdom elke keer ‘n entjie verder op pad na sy visie van omvattende welsyn: volledige lewensvervulling in alle opsigte. Die fokus val nou op ons verantwoordelikheid om hierdie boodskap te laat grondvat in die wereld waarin ons leef.

SKRYWER
Klaus Nürnberger is emeritus professor en senior navorsingsgenoot van die teologiese skool van die Universiteit van KwaZulu – Natal . Hy is ‘n wêreldbekende, gerekende kenner en skrywer oor die Bybel en die uitdagings wat God se Woord stel om vandag se samelewing en sy probleme .