Die Bybel praat vandag 4 – God se droom vir die lewe

R190.00

Hierdie bundel is die vierde publikasie in ʼn reeks preekhulpe. Die tema van die preke in hierdie bundel is die Tien Gebooie. Die hoofdoel van die boeke in hierdie reeks is om predikers, ouderlinge en enige ander gemeenteleiers of mense in staat te stel om volledige eredienste te lei. Hoewel baie gemeenteleiers die vermoë het om hulle eie preke te maak en baie goed te vaar in hulle openbare optrede, het ons almal steeds gedagtes nodig om ons te inspireer. Hopelik bied hierdie bundel ’n paar gedagtes wat sinvol gebruik kan word.

Elke preek is ingebed in ’n liturgie wat gebruik kan word om die diens makliker te laat vloei.

SKU: 9780864878083 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: God se droom vir die lewe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 232

OPSOMMING: Hierdie bundel is die vierde publikasie in ʼn reeks preekhulpe. Die tema van die preke in hierdie bundel is die Tien Gebooie. Die hoofdoel van die boeke in hierdie reeks is om predikers, ouderlinge en enige ander gemeenteleiers of mense in staat te stel om volledige eredienste te lei. Hoewel baie gemeenteleiers die vermoë het om hulle eie preke te maak en baie goed te vaar in hulle openbare optrede, het ons almal steeds gedagtes nodig om ons te inspireer. Hopelik bied hierdie bundel ’n paar gedagtes wat sinvol gebruik kan word.

Elke preek is ingebed in ’n liturgie wat gebruik kan word om die diens makliker te laat vloei.

Inhoud

Voorwoord

    1. Vryheid!
    2. Die eksklusiewe God
    3. Die ware God
    4. Die Naam bo alle name
    5. God se dag
    6. Eer jou pa en jou ma
    7. Die kosbaarheid van die lewe
    8. Bly getrou
    9. Alles behoort aan God
    10. Die God van waarheid
    11. Hou jou begeertes in toom
    12. Paassondag
    13. Kersfees
    14. Verootmoediging
    15. Ek weet vir seker

SKRYWER
Annes Nel is in Lambertsbaai gebore. Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer. Ná 15 jaar in die gemeentebediening (Prieska en Academia) en 10 jaar in die akademiese wêreld, waar hy onder andere Direkteur van die Ekumeniese Instituut aan die Universiteit van Namibië en medeprofessor in Sistematiese Teologie aan die Universiteit van Zoeloeland was, het hy na die voltydse gemeentebediening teruggekeer. Hy is tans predikant in Killinchy, Noord-Ierland. Annes is ʼn geliefde skrywer van Christelike boeke. Sy passie is om mense daarvan bewus te maak dat elke mens ’n plek in God se hart het.