Die Bybel praat vandag 3 – God se liefde en genade – sonder grense

R160.00

Hierdie bundel is spesifiek gemik op gemeenteleiers wat eredienste moet lei. Dit bestaan uit 16 volledige eredienste, onder andere vir Kersfees, Goeie Vrydag, Paassondag en Pinkstersondag. ’n Volledige Drie-Eenheid Sondagdiens is ook ingesluit.

SKU: 9780864875525 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: God se liefde en genade – sonder grense

FORMAAT: Sagteband

BLADSYE: 182

OPSOMMING: God praat vandag nog met ons. So glo alle gelowiges. Hy praat deur sy Woord en sy Gees. Hy praat in verskillende kontekste. Hy praat met predikers en met gemeentes.

Die prediking van die Woord is ons opdrag en uitdaging maar ook ’n geweldige verantwoordelikheid. Hierdie bundel is die derde publikasie in ’n reeks preekhulpe. Die primêre bedoeling daarmee is dat dit predikers, ouderlinge, en enige ander gemeenteleier of persoon in staat sal stel om volledige eredienste te lei. Die doel van hierdie bundel is dieselfde. Hoewel baie gemeenteleiers die vermoë het om hulle eie preke te maak en baie goed te vaar met hulle openbare optrede, het ons almal steeds gedagtes nodig om ons te prikkel en te inspireer. Hopelik bied hierdie bundel, met bydraes van verskillende persone, ’n paar gedagtes wat sinvol gebruik kan word.

Elke preek is ingebed in ’n liturgie wat gebruik kan word om die diens makliker te laat vloei.

INHOUD
1. Kersfees: Genade sonder grense – Jaco Boonzaaier Matteus 1:1-17

2. Mag ons liefde vir mekaar al hoe meer toeneem – Gawie Cloete Filippense 1:1-11

3. Goeie Vrydag: Die emosionele God – Louwtjie Louw Matteus 26:36-46

4. Paasfees (1): Wat beteken Jesus se opstanding vir ons vandag? – Deon van Niekerk Kolossense 2:6-7, 9-13, 16-20, 23; 3:1-4

5. Paasfees (2): Nie slagoffers nie, maar oorwinnaars – Ewald van Rensburg 1 Korintiërs 15:1-8, 14

6. Pinkster: Gestuurdes van die Here – Jaco Boonzaaier Johannes 20:19-23

7. God kan! – Andrie Kilian Esegiël 37:1-14

8. Hy is Koning – Annes Nel Sagaria 14:8-21

9. Drie-eenheidsondag: In die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees – Theo Badenhorst Galasiërs 4:1-7

10. Instrumente van sy genade – Chris Jones Jesaja 61:1-2; Lukas 4:16-30

11. Ons leer glo deur ander en deur die Here Jesus Christus – Thijs van der Merwe Hebreërs 11:1-13; 11:32 – 12:3

12. Jesus Christus, die Begin en Voleinder van ons geloof – Thijs van der Merwe Hebreërs 4:14-16; 10:11-25; 12:1-3

13. Vrymoedigheid in Christus – Thijs van der Merwe Hebreërs 4:14 – 5:10; 10:11-25; 12:1-3

14. Verlange na meer en meer – Hendrik Koekemoer 1 Timoteus 6:6-19

15. Om gasvry te wees – Louwtjie Louw Hebreërs 13:1-6

16. Déúr Samaria – Hendrik Koekemoer Johannes 4:1-42

SKRYWERS
Annes Nel is in Lambertsbaai gebore. Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer. Na 15 jaar in die gemeentebediening (Prieska en Academia) en 10 jaar in die akademiese wêreld, waar hy onder andere Direkteur van die Ekumeniese Instituut aan die Universiteit van Namibië en medeprofessor in Sistematiese Teologie aan die Universiteit van Zoeloeland was, het hy na die voltydse gemeentebediening teruggekeer.
Hy is tans predikant in Killinchy, Noord-Ierland. Annes is die skrywer van dertien boeke en vertaler van drie ander boeke, insluitende Dietrich Bonhoeffer se boek: Wat dissipelskap kos. Van sy publikasies sluit Hanteer Depressie, Net jollie goeie mense, Op soek na God buite die kerk?, Die gebed van Salomo, Om Christus te ken (Die Bybel praat vandag 1 en 2) en verskeie Bybeldagboeke in. Sy passie is om mense daarvan bewus te maak dat elke mens ’n plek in God se hart het.