Die Bybel praat vandag 2 – God sorg vir ons

R160.00

Hierdie bundel is spesifiek gemik op gemeenteleiers wat eredienste moet lei. Dit bestaan uit vyftien volledige eredienste, onder andere vir Kersfees, Goeie Vrydag, Paassondag en Pinkstersondag. ’n Volledige kinder- en roudiens is ook ingesluit.

SKU: 9780864874979 Categories: , ,

Description

SUBTITEL: Volledige eredienste wat deur gemeenteleiers aangebied kan word

FORMAAT: Boek

BLADSYE: 178

OPSOMMING:  God praat vandag nog met ons. So glo alle gelowiges. Hy praat deur sy Woord en sy Gees. Hy praat in verskillende kontekste. Hy praat met predikers en met gemeentes.
Die prediking van die Woord is ons opdrag en uitdaging maar ook ’n geweldige verantwoordelikheid. Hierdie bundel is die tweede publikasie in ’n reeks preekhulpe. Die primêre bedoeling daarmee is dat dit predikers, ouderlinge, en enige ander gemeenteleier of persoon in staat sal stel om volledige eredienste te lei. Die doel van hierdie bundel is dieselfde. Hoewel baie gemeenteleiers die vermoë het om hulle eie preke te maak en baie goed te vaar met hulle openbare optrede, het ons almal steeds gedagtes nodig om ons te prikkel en te inspireer. Hopelik bied hierdie bundel, met bydraes van verskillende persone, ’n paar gedagtes wat sinvol gebruik kan word. Elke preek is ingebed in ’n liturgie wat gebruik kan word om die diens makliker te laat vloei.

INHOUD

1. God se sorg – Strydom Bruwer
Deuternomium 32:1-12

2. Die dieper dors – Gerrit Engelbrecht
Jeremia 2:10-14; Psalm 42: 2-3

3. God se gesig op aarde: ’n genadige God – Yolande Steenkamp
Lukas 2:8-20

4. Die doop en menswees van Jesus – De Wet Strauss
Matteus 3

5. In die koninkryk oefen elkeen behoorlik! – Jaco Boonzaaier
1 Korintiërs 9:19-27

6. Verhoudings – Dit gaan oor Christus – Theunis Botha
Genesis 1:26; 2:4-7, 18-24

7. Godsdiensspeletjies – Philip Davids
Lukas 9:51-62

8. Goeie Vrydag: Jesus se kruiswoorde – André Louw
Lukas 23:34
Lukas 23:43
Johannes 19:26-27
Markus 15:34
Johannes 19:28
Lukas 23:46

9. Paassondag – Jaco Boonzaaier
Johannes 19:28-30; 19:38 – 20:10; 20:30-31

10. Pinksterfees – Philip Davids
Esegiël 37:1-14

11. Kerspreek – Christo Benade
Johannes 1:1-14

12. Kinderdiens: God se radiostasie – Leon Foot
Markus 1: 35-37

13. Verhoudings vra meer – André Killian
Rut 1:1-5, 11-16; 4:11-17

14. Roudiens: Christus het gesterwe … Christene ontslaap – André Louw
1 Tessalonisense 4:13-18

15. Kom tot rus – Annes Nel
Psalm 131

SKRYWER
Annes Nel is in Lambertsbaai gebore. Hy het aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer. Na 15 jaar in die gemeentebediening (Prieska en Academia) en 10 jaar in die akademiese wêreld, waar hy onder andere Direkteur van die Ekumeniese Instituut aan die Universiteit van Namibië en medeprofessor in Sistematiese Teologie aan die Universiteit van Zoeloeland was, het hy na die voltydse gemeentebediening teruggekeer. Hy is tans predikant in Bangor, Noord-Ierland. Annes is die skrywer van dertien boeke en vertaler van drie ander boeke, insluitende Dietrich Bonhoeffer se boek: Wat dissipelskap kos. Van sy publikasies sluit Hanteer DepressieNet jollie goeie menseOp soek na God buite die kerk?Die gebed van SalomoOm Christus te ken (Die Bybel praat vandag 1) en verskeie Bybeldagboeke in. Sy passie is om mense daarvan bewus te maak dat elke mens ’n plek in God se hart het.