Deur water en vuur

R255.00

Beroepsgerigtheid, kinderloosheid en ‘n huwelik op die rand van egskeiding is nie die enigste beproewing op Jennifer se pad nie. ’n Donker geheim van bejaardemishandeling word oopgevlek toe Jennifer terugvlieg Suid-Afrika toe om onder andere ’n bietjie tyd saam met haar pa deur te bring. En dit aan die hand van iemand wat die naaste aan hom moet wees.  Terwyl sy haar pa se geknakte lewe probeer herstel, besef sy ook hoe stukkend haar eie lewe is en dit vra moed en geloof om dit wat verlore gegaan het in haar lewe te probeer herwin. In hierdie proses leer sy wat dit beteken om deur water en vuur gelouter te word en hoe groot die genade is. Combrinck se debuutroman loop nie net die pad van verlies en genesing nie, dit bevat ook ’n spannende avontuurverhaal en ’n liefdesverhaal – ’n sonderlinge kombinasie.

 

SKU: 9780796321176 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 352

OPSOMMING: Beroepsgerigtheid, kinderloosheid en ‘n huwelik op die rand van egskeiding is nie die enigste beproewing op Jennifer se pad nie. ’n Donker geheim van bejaardemishandeling word oopgevlek toe Jennifer terugvlieg Suid-Afrika toe om onder andere ’n bietjie tyd saam met haar pa deur te bring. En dit aan die hand van iemand wat die naaste aan hom moet wees.  Terwyl sy haar pa se geknakte lewe probeer herstel, besef sy ook hoe stukkend haar eie lewe is en dit vra moed en geloof om dit wat verlore gegaan het in haar lewe te probeer herwin. In hierdie proses leer sy wat dit beteken om deur water en vuur gelouter te word en hoe groot die genade is. Combrinck se debuutroman loop nie net die pad van verlies en genesing nie, dit bevat ook ’n spannende avontuurverhaal en ’n liefdesverhaal – ’n sonderlinge kombinasie.

SKRYWER
Karin Combrinck matrikuleer op Frankfort en verwerf ‘n honneurs in Diaconoliogiae en ‘n beradingsertifikaat. Sy publiseer haar
eerste tydskrifverhaal in 2003 en nog volg. Sy is vyf en dertig jaar lank getroud met Boet en het een biologiese kind, twee kinders uit
haar man se vorige huwelik, een hartskind en ‘n kleinkind. Sy bly in Pretoria.