Daar is meer

R160.00

SKRYWERS EN MEDEWERKERS: Cas Wepener, Santie Bothe-Smith , Cassie Carstens en Nico Smit

Daar is meer is ʼn bronboek met gedenkvierings wat gelowiges en gemeenteleiers kan help om die dood sinvol te vier. Om ons hartseer te verwoord, om uitdrukking aan ons dankbaarheid te gee en om liturgiese rituele te volg, kan ons in die moeilike en seer tye van die lewe inderdaad help om in die regte rigting te kyk.

Die hart van hierdie boek is daarom vieringsgebede, treurformulerings en herinneringsrituele rondom die dood wat gelowiges sal help besef dat die viering van die dood inderdaad ook ʼn viering is wat van die opstanding van Jesus Christus vertel.

SKU: 9780864878731 Category:

Description

SUNTITEL: ʼn Bronboek vir roetemerkers by lewensoorgange.  Die laaste oorgang, die dood

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 96

OPSOMMING: Daar is meer is ʼn bronboek met gedenkvierings wat gelowiges en gemeenteleiers kan help om die dood sinvol te vier. Om ons hartseer te verwoord, om uitdrukking aan ons dankbaarheid te gee en om liturgiese rituele te volg, kan ons in die moeilike en seer tye van die lewe inderdaad help om in die regte rigting te kyk.

Die hart van hierdie boek is daarom vieringsgebede, treurformulerings en herinneringsrituele rondom die dood wat gelowiges sal help besef dat die viering van die dood inderdaad ook ʼn viering is wat van die opstanding van Jesus Christus vertel.

Die grootste troos wat mense kan ontvang, is diep veranker in God se beloftes in Christus. Dit laat gelowiges selfs in die aangesig van die dood vashou aan die troos dat ons hoop nie alleen op hierdie lewe gevestig is nie. Daar is meer.

INHOUD

  1. Inleiding
  2. Riglyne vir die beplanning van ’n begrafnis en ander afskeidsliturgieë
  3. Voorbeelde van liturgieë vir vierings as getuienis van die opstanding
  4. Wie is almal by die beplanning van die begrafnis en ander vierings betrokke?
  5. Begrafnisse in die Christelike tradisie
  6. Om rou beter te verstaan
  7. Bronnelys

SKRYWERS EN MEDEWERKERS

Cas Wepener is hoof van die Departement Praktiese Teologie van die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van Pretoria. Buiten vele artikels vir akademiese tydskrifte het Cas al verskeie teologiese publikasies die lig laat sien, soos Aan tafel met Jesus, Van voor die wieg tot na die graf en Soos ʼn blom na die son draai. Op die gebied van die Afrikaanse letterkunde het hy navorsing gedoen oor die dood in die werk van Karel Schoeman. Tans is hy besig met ’n kleiner prakties-teologiese navorsingsprojek met die titel Ritualising death in Southern Africa.

Santie Bothe-Smith het tydens haar teologiestudies by ’n begrafnisondernemer gewerk en het in 2014 ’n doktorsgraad aan die Universiteit van Pretoria met die titel “Rousmart en ritueel” voltooi. In die tydskrif HTS Teologiese Studies publiseer sy ook ’n artikel oor dié onderwerp met die titel “Die betekenis van ritueelteorie vir rousmartpastoraat”.Hancke van Blerk is ’n praktiese teoloog wat in sy doktorale navorsing in die homiletiek gespesialiseer het en was ’n medewerker van Handleiding vir die erediens (2010).

Cassie Carstens… was ’n himnoloog, medewerker van die Liedboek van die kerk en een van die redakteurs van Handleiding vir die erediens.

Nico Smit het sy MDiv-verhandeling oor die gebruik van poësie in die liturgie geskryf en hy skryf jeuglektuur.