Bruistablette vir die lewe

R240.00

Ons almal is op soek na iets wat ons nie net ’n paar uur woema sal gee nie, maar wat ons daagliks sterker en kragtiger sal maak te midde van uitdagings, teleurstellings en ontnugterings. In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerleesdagstukkieboek is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat ons meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit.

SKU: 9780796320490 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 408

OPSOMMING: Ons almal is op soek na iets wat ons nie net ’n paar uur woema sal gee nie, maar wat ons daagliks sterker en kragtiger sal maak te midde van uitdagings, teleurstellings en ontnugterings. In hierdie praktiese, toeganklike en lekkerleesdagstukkieboek is daar elke dag ’n nuwe bruistablet om in afsondering te lees, te absorbeer en toe te pas in jou lewe – om jou innerlik te versterk as mens. Dit is ’n reis na groter egtheid en verdieping as kinders van die Here sodat ons meer kan bruis en minder kan brul te midde van ons realiteit.

SKRYWER
Susan Coetzer is bekend as aktrise, motiveringspreker en skrywer. Haar roman, Oros vir die siel , het meer as 30 000 eksemplare verkoop. Die afgelope paar jare maak sy naam deur voor hoofsaaklik vrouegehore op te tree. Sy woon in Johannesburg en het een seun en een kleinseun. Bruistablette vir die lewe is haar eerste publikasie by Lux Verbi.