Bielie Bybelpretboek

R100.88

Die Bielie Bybelpretboek is perfek vir liefhebbers van blokraaisels en ander woordspeletjies. Dit is ’n prettige manier om meer van die Bybel te leer en ook om jou kennis van die Bybel toets. Die Bielie Bybelpretboek is nie net vir individue bedoel nie – dit kan selfs in kleingroepe of Sondagskoolklasse gebruik word. Dit sal ure se genot verskaf.

SKU: 9780796318268 Category:

Description

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 160

OPSOMMING: Die Bielie Bybelpretboek is perfek vir liefhebbers van blokraaisels en ander woordspeletjies. Dit is ’n prettige manier om meer van die Bybel te leer en ook om jou kennis van die Bybel toets. Die Bielie Bybelpretboek is nie net vir individue bedoel nie – dit kan selfs in kleingroepe of Sondagskoolklasse gebruik word. Dit sal ure se genot verskaf.

Die Bieliebybelpretboek bevat meer as 100 aktiwiteite met onder meer:

  • Blokraaie
  • Koderaaie
  • Sudoku
  • Woordsoek
  • Soek die antwooord
  • Temaraaisels

SKRYWER

Marius Greeff is ’n teoloog wat sedert 1985 heeltyds in die bediening staan. Marius het in 1984 opleiding in die joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang en skryf gereeld artikels vir LIG, die gewilde Afrikaanse Christelike gesinstydskrif. Sy liefde vir woorde lei ook daartoe dat hy sedert 1998 verskillende woordraaisels vir verskillende tydskrifte saamstel. Hierdie raaisels het dikwels ’n Christelike grondslag. Marius het reeds vier bundels van raaisels gepubliseer. Hierdie bundel bevat ’n reeks nuwe raaisels en speletjies wat nog nie voorheen gepubliseer is nie, asook ’n nuwe tipe raaisel wat nou vir die eerste keer in Suid-Afrika gepubliseer word. Marius, wat lief is vir reis, fotografie en musiek, is getroud met Janie, ook ’n ywerige blokraai-entoesias. Hulle woon in Greyton in die Overberg. Hulle het twee seuns, Wilhelm en Dian.

.