Bestem vir geestelike groei

Sale!

New

R169.00 R110.00

Elke mens is bestem om geestelik te groei. In hierdie hersiene uitgawe stip Dirkie van der Spuy die pad uit na geestelike volwassenheid. Hy beskryf die mylpale op hierdie pad in eenvoudige, maar lewensveranderende taal, en wys onder meer op die belangrikheid van geestelike wedergeboorte, vervulling met die Heilige Gees, God se Woord, getuienis, gehoorsaamheid, diensbaarheid en innerlike genesing. Elke hoofstuk word gevolg deur vrae vir individuele oordenking of groepbespreking. Ontdek die waarhede wat jou sal lei op ‘n groeipad na n dieper verhouding met God. Ontdek die volheid van die vervulling, geestelike rykdom en roeping wat God vir jou bestem het.

SKU: 9781415332504 Category:

Description

SUBTITEL: Ontdek die vreugde van ‘n lewende verhouding met God

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 72

OPSOMMING: Elke mens is bestem om geestelik te groei. In hierdie hersiene uitgawe stip Dirkie van der Spuy die pad uit na geestelike volwassenheid. Hy beskryf die mylpale op hierdie pad in eenvoudige, maar lewensveranderende taal, en wys onder meer op die belangrikheid van geestelike wedergeboorte, vervulling met die Heilige Gees, God se Woord, getuienis, gehoorsaamheid, diensbaarheid en innerlike genesing. Elke hoofstuk word gevolg deur vrae vir individuele oordenking of groepbespreking. Ontdek die waarhede wat jou sal lei op ‘n groeipad na n dieper verhouding met God. Ontdek die volheid van die vervulling, geestelike rykdom en roeping wat God vir jou bestem het.

SKRYWER
Dirkie van Der Spuy was vir meer as 20 jaar leier van die NG-gemeente Moreletapark in Pretoria en is tans die leier van die Moreletapark-assosiasie wat fokus om leraars en leiers te ondersteun en toe te rus. Hy is ook die skrywer van topverkoperboeke soos Herlewing deur omgeegroepe, Bybelstudie vir omgeegroepe, Wanneer die Heilige Gees werk en Leierskap sonder grense. Hy behartig ook ’n weeklikse televisieprogram.