Akkerpret in Bybelpark – DVD 3 – God is goed

R100.88

Die 8 verhale op hierdie DVD word met kleurvolle poppekarakters uitgebeeld. Die teks en aanbieding is eietyds en relevant vir kinders se leefwêreld. Elke verhaaltjie is uniek en beeld ’n kernwaarde of karakterles vir die kyker uit. Aan die einde van elke storie is daar ’n heerlike opgewekte splinternuwe liedjie wat die boodskap van die verhaal op ’n ritmiese lekker-saamsing-manier opsom. Hierdie DVD help ouers om op ’n genotvolle en vermaaklike manier aan kinders se karakter te bou.

SKU: 9781869060268 Categories: ,

Description

FORMAAT: DVD

OPSOMMING: In hierdie DVD leer die kykers die karakter van God ken en hoe sy karakter al meer in ons kan groei soos wat ons aan Hom gehoorsaam is. Ons kan liefhê omdat Hy liefde is. Ons kan genade betoon aan ander, omdat ons vergewe is. Ons leer ook oor vergifnis en die krag van onvoorwaardelike liefde. Die verhaaltjies kweek aanvaarding en respek vir die self en vir ander.

INHOUD

Storie 1: Die vuil water (Woorde dra krag) Lied: Borrel en gorrel

Storie 2: Die ding in die kas (God roep my vir Hom) Lied: Tik tok, tik tok

Storie 3: Markus is siek (God se plan) Lied: As die Here my stuur

Storie 4: Frederik hou partytjie (Teregwysing) Lied: Jammer, jammer

Storie 5: Die skattejag (God gee koers) Lied: Met ‘n huppel in my stap

Storie 6: Die diep donker gat (Eenheid maak mag) Lied: Ek het jou nodig. Die muislied

Storie 7: Oom Septimus se les (Selfwaarde) Lied: God bly dieselfde

Storie 8: Stokkiesdraai (Onderrig) Lied: Ek wonder