Akkerpret in Bybelpark – DVD 1 – God is liefde

R100.88

Die 8 verhale op hierdie DVD word met kleurvolle poppekarakters uitgebeeld. Die teks en aanbieding is eietyds en relevant vir kinders se leefwêreld.

SKU: 9781869060213 Categories: ,

Description

FORMAAT: DVD

OPSOMMING: In hierdie DVD leer die kykers die karakter van God ken en hoe sy karakter al meer in ons kan groei soos wat ons aan Hom gehoorsaam is. Ons kan liefhê omdat Hy liefde is. Ons kan genade betoon aan ander, omdat ons vergewe is. Ons leer ook oor vergifnis en die krag van onvoorwaardelike liefde. Die verhaaltjies kweek aanvaarding en respek vir die self en vir ander.

INHOUD

Storie 1: Die groot vis (Liefde) Lied: God is liefde

Storie 2: Die tiengeliedong (Selfrespek) Lied: Spieëltjie aan die muur

Storie 3: Die nuwe maatjie (Buigsaamheid) Lied: Jy is spesiaal

Storie 4: Die nare ervaring (Betroubaarheid) Lied: My ja is my ja

Storie 5: Die gevaarlike bosluis (Hulpvaardigheid) Lied: Help waar jy kan

Storie 6: Die lui haas (Vergifnis) Lied: Ek kan vergewe

Storie 7: Die lelike siekte (Eerlikheid) Lied: Praat die waarheid

Storie 8: Die hangertjie (Integriteit) Lied: God se naam