’n Pa en sy seun

R130.00

Vier die sterk, lewenslange band tussen pa’s en seuns met hierdie inspirerende volkleur-geskenkboekie deur dr. James Dobson, ervare berader en kenner van gesinsake. ’n Pa en sy seun bied uittreksels uit die topverkoper Om seuns groot te maak en is ’n huldeblyk met hope praktiese raad aan al die pa’s wat ’n voorbeeld van krag, integriteit en getrouheid vir hulle seuns is.

SKU: 9781431612338 Category:

Description

SUBTITEL: Tydlose wysheid om jou seun te leer, te lei en lief te hê – sy hele lewe lank

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 128 (volkleur)

OPSOMMING: Of ’n seun ’n ondeunde knapie of ’n volwasse jong man is, hy sal altyd opkyk na sy pa. Vier die sterk, lewenslange band tussen pa’s en seuns met hierdie inspirerende boek deur dr. James Dobson, ervare bera-der en kenner van gesinsake.
’n Pa en sy seun bied uittreksels uit die topverkoper Om seuns groot te maak en is ’n huldeblyk aan al die pa’s wat ’n voorbeeld van krag, integriteit en getrouheid vir hulle seuns is. Dit is propvol praktiese raad wat elke pa sal help bou aan sy verhouding met sy seun. Dié volkleurgeskenkboekie vier die onvervangbare rol wat ’n pa in ’n seun se hart en lewe speel. ’n Pa en sy seun sal elke pa help om sy seun te lei en aan te moedig op sy eie reis deur die lewe.

OUTEUR
Dr. James Dobson is die stigter van Focus on the Family, ’n nie winsgewende organisasie wat fokus op die instandhouding van die gesin. Dr. Dobson is ook bekend vir sy radioprogramme wat daagliks oor meer as 4 200 stasies uitgesaai word en meer as 200 miljoen luisteraars het. Hy is ’n gekwalifiseerde sielkundige en het ook ’n Ph.D. in kinderontwikkeling aan die University of Southern California School for Medicine verwerf. Hy is ook die outeur van meer as 50 boeke wat gerig is op die behoud van die gesin. Dr. Dobson en sy vrou, Shirley, is die ouers van twee volwasse kinders en woon in Colorado Springs, Colorado.