1 & 2 Timoteus en Titus

New

R130.00

Paulus is in die tronk wanneer hy hierdie briewe skryf. Timoteus skaam hom vir Petrus. Titus probeer die evangelie tussen ʼn klomp barbare verkondig. Rondreisende predikers kom krap alles deurmekaar in die gemeente in Efese. Boonop is keiser Nero ʼn faktor om mee rekening te hou. Hy skroom nie om die Christene in teer te doop en aan die brand te steek nie.

Paulus skrik nie vir Nero of die dood nie. Hy verknies hom nie daar in die tronk nie. Hy sit die praatjiesmakers op hulle plek. Hy gou nie tou op met Timoteus nie. Hy sien nie neer op die ongekunstelde inwoners van Kreta nie. Wat sou Paulus gemotiveer het om ten spyte van sy omstandighede te volhard? En watter boodskap hou die antwoord op hierdie vraag vir ons in?

Mag hierdie interpretasie van Paulus se briewe aan Timoteus en Titus jou help om ’n vreemde wêreld te ontdek wat vir jou al hoe meer bekend sal word terwyl jy verder lees. En mag hierdie briewe wat aan ander gerig is ook uniek jou briewe word.

SKU: 9780864879141 Categories: , , ,

Description

SUBTITEL: Gekies! Uit die tronk skryf Paulus vir Timoteus en Titus. Met gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe

FORMAAT: Boek

AANTAL BLADSYE: 214

OPSOMMING: Paulus is in die tronk wanneer hy hierdie briewe skryf. Timoteus skaam hom vir Petrus. Titus probeer die evangelie tussen ʼn klomp barbare verkondig. Rondreisende predikers kom krap alles deurmekaar in die gemeente in Efese. Boonop is keiser Nero ʼn faktor om mee rekening te hou. Hy skroom nie om die Christene in teer te doop en aan die brand te steek nie.

Paulus skrik nie vir Nero of die dood nie. Hy verknies hom nie daar in die tronk nie. Hy sit die praatjiesmakers op hulle plek. Hy gou nie tou op met Timoteus nie. Hy sien nie neer op die ongekunstelde inwoners van Kreta nie. Wat sou Paulus gemotiveer het om ten spyte van sy omstandighede te volhard? En watter boodskap hou die antwoord op hierdie vraag vir ons in?

Mag hierdie interpretasie van Paulus se briewe aan Timoteus en Titus jou help om ’n vreemde wêreld te ontdek wat vir jou al hoe meer bekend sal word terwyl jy verder lees. En mag hierdie briewe wat aan ander gerig is ook uniek jou briewe word.

INHOUD
Inleiding

  1. God ons Vader (1 Tim 1:1-2)
  2. Die goeie God (1 Tim 1:3-11)
  3. Op die regte plek (1 Tim 1:12-20)
  4. Bid is ’n moet (1 Tim 2:1-7)
  5. Op die regte manier (1 Tim 2:8-15)
  6. Dié wat die leiding neem (1 Tim 3:1-13)
  7. Hemel en aarde ontmoet (1 Tim 3:14-16)
  8. Eerder dankie as moenie (1 Tim 4:1-5)
  9. Die moeite werd (1 Tim 4:6-10)
  10. Gegee om te dien (1 Tim 4:11-16)
  11. Respek en deernis gevra (1 Tim 5:1-16)
  12. Goeie raad (1 Tim 5:17 – 6:2a)
  13. Geld, goed, God? (1 Tim 6:2b-10)
  14. Ewig, goed, genadig! (1 Tim 6:11-21)
  15. ’n Toekoms (Tit 1:1-4)
  16. Hou op hare kloof (Tit 1:5-16)
  17. Jesus inspireer ons (Tit 2:1-15)
  18. Opdrag of oproep? (Tit 3:1-7)
  19. Weldoeners (Tit 3:8-15)
  20. ’n Begin in elke einde (2 Tim 1:1-2)
  21. Deur die doodsgrens (2 Tim 1:3-18)
  22. Om te dien vra én gee iets (2 Tim 2:1-13)
  23. Wat God laat glimlag (2 Tim 2:14-26)
  24. Wees bedag! (2 Tim 3:1-9)
  25. Van groot waarde (2 Tim 3:10-17)
  26. ’n Geduldige God (2 Tim 4:1-8)
  27. God is getrou (2 Tim 4:9-22)

SKRYWERS
Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ’n Bybelstudieboek. Johannes Mouton (wat die gespreksvrae opgestel het) is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad.