Splinternuwe titels wat intellektueel stimulerend
en geestelik verrykend is!

100 dae van dankbaarheid

100 dae van dankbaarheid

Prys: R195.00

Mense wat in dankbaarheid leef, is gelukkiger, slaap beter, behou beter fokus en is selfs makliker om mee oor die weg te kom! Om meer dankbaar te leef is seker iets waarna ons almal probeer streef. Francine Prins, redakteur van LiG, neem ons op ’n 100 dae reis van dankbaarheid. Sy wys ons hoe ons elke dag dankbaar kan wees, waarvoor ons dankbaar kan wees en hoe om in dankbaarheid te leef.

KOOP HIER   ||   LEES MEER

Wanneer woorde ontbreek

Wanneer woorde ontbreek

Prys: R180.00

Braam Klopper is ’n pastorale terapeut en spits homself toe op die hantering en verwerking van rou. Wanneer woorde ontbreek gee praktiese riglyne oor rou, wys spesifieke routake uit wat deurgevoer moet word en sit die sake uiteen wat na ’n geliefde se dood afgehandel moet word. Braam bekyk ook wat die impak van selfmoord of die dood van ’n kind op die rouproses het.

KOOP HIER   ||   LEES MEER

Skarlakenkinders

Skarlakenkinders

Prys: R220.00

Ses vroue van verskillende agtergronde beland saam op ’n plaas in die Sederberge. Hoewel elkeen sy eie hartseer het om te verwerk moet hulle almal saamwerk om ’n groter krisis op te los. ’n Aksiebelaaide roman ’n Christelike agtergrond oor ’n tema wat al hoe meer relevant word vandag: mensehandel.

KOOP HIER   ||   LEES MEER

Kry Styl

Kry Styl - Jesus s'n

Prys: R190.00

Ons uitdaging vandag is hoe elkeen die Here kan bereik. Maar ons het 'n nuwe ingesteldheid hiervoor nodig. Ons het 'n nuwe styl nodig, Jesus se styl. Ons moet weet wat om te doen en wanneer om dit te doen, op 'n manier wat diegene rondom ons sal intrigeer. Ons moet Jesus regtig ken en verstaan. Slegs dan kan ons ons geloof stylvol deel.

KOOP HIER   ||   LEES MEER

'n Belofte vir Bippie

'n Belofte vir Bippie

Prys: R200.00

Bippie Snyman se pad word onderbreek met 'n onbeplande swangerskap, en sy moet groot besluite neem. Sy maak 'n belofte teenoor die Here - sy sal nie weer 'n man in haar lewe toelaat as hy nie met haar wil trou nie. Dan word Riekert Tredoux skielik deel van haar lewe wanneer hy die huis oorkant die straat begin restoureer. Die swanger rooikop het Riekert se oog gevang die eerste keer toe hy haar sien, maar hy kan nie vir Bippie en haar baba die toekoms bied wat hulle verdien nie. Trou is nie deel van sy toekomsplanne nie. Sy eie ma het hom verwerp, hy kan nie weer so seer kry nie. Sal Bippie haar belofte gestand kan doen? En hoekom is die enigste man wat skielik al onder haar voete is, Riekert Tredoux? Nog 'n heerlike verhaal uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner Elsa Winckler, en die tweede in die McGregor reeks, na 'n Brief vir Reina.

KOOP HIER   ||   LEES MEER

Ons raaiselpad met alzheimersiekte

Ons raaiselpad met alzheimersiekte

Prys: R200.00

Elise se eens briljante man raak aggressief en vergeetagtig, en tree heeltemal anders op as wat sy hom ken. Sy het ’n vae vermoede wat skort, maar uiteindelik word haar ergste vrese bewaarheid: haar geliefde man het Alzheimer se siekte. Hy vra haar in ’n oomblik van helderheid om tot die einde na hom om te sien, wat sy doen. Elise vertel hierdie intieme en aangrypende verhaal met deernis vir haar man en elke persoon wat aan alzheimers ly. Sy gee ook praktiese raad vir die versorgers van mense met alzheimers en tekens waarna mens moet oplet.

KOOP HIER   ||   LEES MEER

Suurlemoenseisoen

 

Suurlemoenseisoen

Prys: R160.00

Die suurlemoen is een van die mees veelsydige vrugte in die natuur – dit kan ingespan word vir reiniging, genesing, skoonheid en geursel in kos. Suurlemoenseisoen bevat 52 werkstukke wat ontwerp is om die suur van die lewe te neem en dit te verander in iets soets.

Die verskillende onderwerpe is in ’n spesifieke volgorde gekies:
1. Reinig: die skoonmaak van wonde
2. Genees: die heling van wonde
3. Mooi maak: die vermooiing van letsels
4. Geur – sout: Selfs wanneer dinge vir ons suur lyk, is die Here goed. Leer hoe om na die lewe te kyk en dit raak te sien.
5. Geur – soet: Ons word oortuig van God se goedheid te midde van spatsels suur.

KOOP HIER   ||   LEES MEER

Wanneer water wyn word

Wanneer water wyn word

Prys: R230.00

Toe Vivian op 16-jarige ouderdom haar pa in die winkel se deur sien staan met sy hoed in sy hand het sy geweet haar lewe gaan onkeerbaar verander – haar pa het sy werk verloor. Hulle word uit hulle huis op Paternoster gesit. Vivian dink sy is gelukkig toe die veel ouer John by die werk in haar begin belangstel. Hy belowe om vir haar gesin ’n huis op Vredenburg te kry, maar min weet sy die huis het ’n prys. Vivian word vervreem van haar familie en verval in ’n spiraal van mishandeling. Sy laat haar egter nie onderkry nie, en besluit eendag dat sy genoeg gehad het. Sy begin haar lewe van voor af bou. Vivian het ’n kop vir besigheid, en ná verskeie poste besluit sy om haar eie wynbesigheid te begin. Nou, jare later, het sy haar eerste oes afgehaal en word die wyn na Wallmart uitgevoer. Vivian se verhaal is een van hoop, passie, deursettingsvermoë en die wete dat God daar is, al lyk die omstandighede hoe sleg.

KOOP HIER   ||   LEES MEER

Vir meer inligting en bestellings, kontak asb vir BYBEL-MEDIA HANDEL by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek gerus ook ons webblad by bybelmedia.org.za