Bederf jou pa hierdie Vadersdag met 'n ietsie spesiaal om te wys hoe baie jy hom waardeer.

Plaas asseblief jou bestelling teen 29 Mei sodat ons vroegtydig die produkte kan bestel en betyds kan aflewer vir Vaderdag, 16 Junie 2019. 

Johannes 3:16-sleutelring

Johannes 3:16-sleutelring

PRYS: R120.00

“God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê” – Johannes 3:16.

Hierdie manlike sleutelring met ’n stewige knip en leerbandjie is die ideale geskenk vir Vadersdag. Voor op die sleutelring is ’n kruis en die Bybelverwysing, en agter op is die volledige Johannes 3:16 gedruk. Die sleutelring is verpak in ’n duursame metaalhouer met ’n geëmbosseerde deksel, wat dit nog meer spesiaal maak as ’n geskenk om dankie te sê vir die man in jou lewe of vir jou pa. Die sleutelring sal hom elke dag herinner dat hy aan die Here sy God behoort.

KOOP NOU

Man Of God-sleutelring

Man Of God-sleutelring

PRYS: R120.00

“Maar jy, man van God ... Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid” – 1 Timoteus 6:11.
Wys vir jou man hoe trots jy daarop is dat hy ’n man na God se hart is deur vir hom hierdie sleutelring te gee. Hy kan dit met hom saamdra en dit sal hom inspireer elke keer wanneer hy sy sleutels optel. Hy sal sterk bly staan tydens sy geloofsreis en sy rol as man van God inneem. Of dalk is jou seun op pad om te gaan studeer en kan 1 Timoteus 6:11 hom help om na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding en minsaamheid te streef terwyl hy nuwe vriende maak en die Goeie Nuus verkondig.

Die Man Of God-sleutelring is gemaak van luukse leer. Voor op die sleutelring staan die woorde “Man of God” en 1 Timoteus 6:11 is agterop gedruk. Die sleutelring kom in ’n metaalhouer met ’n geëmbosseerde kruis op die deksel.

KOOP NOU

Staan vas – Onbeweeglik (joernaal)

Staan vas – Onbeweeglik (joernaal)

PRYS: R220.00

Die ideale geskenk vir jou man of pa om sy stiltetyd te verryk of om as ’n joernaal of notaboek te gebruik. Dit is gevul met inspirerende aanhalings en Bybelverse oor God se beloftes. Hierdie joernaal met ’n pragtige ontwerp en pleklint bevat 240 bladsye om gebede, notas, spesiale Bybelverse, aanhalings en nog baie meer in neer te skryf. Dit sal jou pa of man.

KOOP NOU

Courage (joernaal)

Courage (joernaal)

PRYS: R220.00

Ek self gee jou die opdrag. Wees sterk, wees vasberade. Moenie skrik nie, moenie bang wees nie, want Ek, die Here jou God, is by jou oral waar jy gaan” – Josua 1:9.

Een van die eienskappe wat die Here vir ons gee, is moed. In Josua 1:9 gee Hy dan ook aan ons die opdrag om sterk en vasberade te wees, om nie bang te wees nie, om te volhard met ons geloofsreis, want Hy is by ons. Die ideale geskenk vir jou man of pa om hom te herinner dat die Here wil hê sy kinders moet sterk, vasberade en dapper wees. ’n Pragtige joernaal om jou man of pa aan te moedig om sy gedagtes, gebede, spesiale Bybelverse, preeknotas of aanhalings in neer te skryf en so sy stiltetyd by die Here nog meer spesiaal te maak.

KOOP NOU

Pa’s & seuns

Pa’s & seuns

PRYS: R90.00

’n Boek om jou te help om die pa te word wat God wil hê jy moet wees, want dit kan jou kinders se hele toekoms bepaal. Gesinne is die belangrikste eenheid wat God daargestel het. God het pa’s gemaak om die priester, profeet en koning van die huis te wees en ’n voorbeeld vir hulle seuns te wees.

Angus Buchan moedig pa’s aan om die verhouding met hulle seuns te slyp, te beskerm en te koester. Dié boek moedig terselfdertyd seuns aan om hulle verhouding met hulle pa te koester en so een van die belangrikste gesinsbande te versterk.

Temas wat in Pa’s & seuns bespreek word, sluit in: ’n pa se aanvaarding, rolmodelle, genade en respek, nederigheid teenoor hoogmoed, opoffering, wat maak iemand ’n pa en onversetlike liefde.

Pa’s & seuns sal elke pa inspireer om dié pa te wees wat God wil hê hy moet wees en vir hom wys watter ongelooflike impak dit op sy kinders sal hê.

KOOP NOU

A Father's Prayer

A Father's Prayer

PRICE: R75.00

Prayers paired with meaningful Scripture passages designed to encourage every father. When a father combines prayer with God's Word, he is able to handle any situation in life with integrity and discernment. In A Father's Prayer, dads will be uplifted by brief prayers.

BUY NOW

 

Vir meer inligting en bestellings, kontak asb vir BYBEL-MEDIA HANDEL by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek gerus ook ons webblad by bybelmedia.org.za