---

Die Bybelboek-reeks

Die Bybelboek-reeks is ʼn splinternuwe Bybelstudiereeks wat uiteindelik die hele Bybel sal dek. Die studies word in ʼn baie toeganklike en lesersvriendelike styl aangebied vir die moderne leser. Elke Bybelstudie bied ʼn vers-vir-vers-verklaring van die betrokke Bybelboek. Sommige Bybelboek word in meer as een studie behandel. Die Bybelstudies sluit sinvolle gespreksvrae vir Bybelstudiegroepe en kleingroepe in. Hierdie reeks is spesiaal ontwerp vir groepe, maar kan ook deur individue gebruik word. Dit sal ook geskik wees vir gemeentereekse.

Meer oor die skrywers

Kobus Myburgh het hierdie Bybelstudie oorspronklik in die NG gemeente Wierdapark in Centurion aangebied en Annene Mullins het dit verwerk en verwoord in ʼn Bybelstudieboek. Johannes Mouton wat die gespreksvrae opgestel het, is leraar van die NG Kerk Table View, Kaapstad

Rut

Rut

Prys: R45.39

LEES MEER   l   KOOP HIER

Die boek Rut gee ʼn mens ʼn rilling van lekkerkry. Dit is ʼn liefdesnovelle met genoeg spanning en humor om jou tydens ʼn Sondagmiddag se lees te boei. En wanneer jy klaar gelees het, kom jy agter jy dink nuut oor mense wat anders as jy is.

---
Genesis 1 – 11

Genesis 1 – 11

Prys: R100.00

LEES MEER   l   KOOP HIER

ʼn Venster op ons Vader is ʼn interpretasie van Genesis 1 – 11 wat antwoorde probeer gee op ons vrae oor hierdie teksgedeelte. In Genesis 1 – 11 ontdek ons die God wat begrip en geduld en genade het met naïewe, astrante, arrogante en magsugtige mense.

---
Jakobus

Jakobus

Prys: R75.00

LEES MEER   l   KOOP HIER

Het jy al vreemd gevoel op ʼn plek en gewonder of jy regtig daar hoort? Dit is hoe die mense wat Jakobus se brief die eerste keer gehoor het in hulle omgewing gevoel het. Vreemd, uitgelewer en met ʼn diep hunkering na hulle plek van herkoms, êrens waar hulle tog net kan tuis wees.Vir hulle vertel die skrywer van hierdie brief dat behoort-aan-God al hierdie gevoelens relativeer en dat wysheid hulle help om nie selfgesentreerd te wees nie en nie vas te val in hulle eie klein wêreldjie nie. Verby die slegte resensie van Martin Luther wat Jakobus ʼn strooibrief genoem het, vind ons hier Christelike wysheid wat ons vandag nog help wanneer ons vra: “Hoe nou gemaak?”

---
Matteus 1 – 16

Matteus 1 – 16

Prys: R250.00

LEES MEER   l   KOOP HIER

BESKIKBAAR 16 Julie 2018

In Matteus se weergawe van die Jesus-gebeure is daar baie rolspelers soos:

• Maria en Josef

• die sterrekykers uit die ooste

• Johannes die Doper en koning Herodes

• Petrus se skoonma

• Tollenaars en sondaars

• ʼn Romeinse offisier en ʼn Kanaänitiese vrou.

---

Vir meer inligting en bestellings, kontak asb vir BYBEL-MEDIA HANDEL by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek gerus ook ons webblad by bybelmedia.org.za