---

Hierdie week fokus ons op die doop. Daar is talle produkte vir ouers wat hulle kinders wil laat doop. Ons het ook ʼn wye reeks doopprodukte vir predikante om in hulle gemeentes te gebruik. Loer gerus hieronder na ons sommige van hierdie produkte en besoek ons webtuiste vir nog vele meer.

VIR OUERS MET JONG KINDERS

Die Doop

Die Doop DVD (Nuut)

Prys: R100,00

LEES MEER   l   KOOP HIER

Hierdie DVD is ʼn kragtige hulpmiddel vir predikante vir die sinvolle inrigting van doopkategese. In 5 kort video-insetsels word voornemende doopouers blootgestel aan die teologiese begronding van die kinderdoop. Hulle word ook gehelp om die grootste verskil moontlik in die eerste 1 000 dae van hulle kind se lewe te maak en om geloof in hulle huise voor te leef en oor te dra. Wanneer ouers die DVD voor die doopkategese kyk en bespreek, sal die doopkategese saam met die predikant nuwe diepte en sinvolle gesprek moontlik maak.

Brief aan doopouers

Brief aan doopouers

Prys: R35,31

LEES MEER   l   KOOP HIER

Hierdie brief is spesiaal aan doopouers gerig om hulle te help om beter te verstaan wat by die doop gebeur. Neem, lees sodat die doop van julle kindjie julle met vreugde teenoor God kan vervul en julle dankbaarheid teenoor Hom kan laat toeneem.

Doop

Doop

Prys: R60,52

LEES MEER   l   KOOP HIER 

ʼn Doopvoorbereidingskursus wat bestaan uit ʼn werkboek vir ouers en ʼn aanbiedersgids vir predikante.

---

 VIR PREDIKANTE EN GEMEENTES

Ontvang wat vir jou gegee is

Ontvang wat vir jou gegee is

 Prys: R131,15

 LEES MEER   l   KOOP HIER

Die doop is ʼn wonderlike en unieke gawe wat die Here aan sy kerk gegee het

• om ons te help om die evangelie te verstaan,

• om ons in ons geloof vas te maak, en

• om ons vir ons navolging van Christus op te bou.

Ontvang wat vir jou gegee is – 40-dae-program

Prys: R85,74

LEES MEER   l   KOOP HIER

Met hierdie 40-dae-program kyk die skrywers vanuit gedeeltes in Matteus se Evangelie na die doop. Dan staan hulle ʼn week lank stil by elk van die vyf gawes wat ons by die doop ontvang.

Ontvang wat vir jou gegee is - 40-dae-program

Ontvang wat vir jou gegee is – Kleingroepgids

Prys: R55,49

LEES MEER   l   KOOP HIER

Hierdie 6-weke-kleingroepgids gaan oor hoe die doop ons in ons dissipelskap help, en hoe die doop ons kan leer om met Christus te leef. Die eerste week fokus op die doop en dissipelskap. Die vyf weke wat volg, fokus elk op die vyf gawes wat ons by die doop ontvang:

• Deur die doop word ons met Jesus verenig.

• Deur die doop ontvang ons vergifnis van sonde en ’n nuwe manier van leef.

• Deur die doop ontvang ons die Heilige Gees.

• Deur die doop word ons verbind met die liggaam van Jesus – dit is die kerk.

• Deur die doop word ons geroep tot diens in die koninkryk.

Doopkers

Doopkers

Prys: R378,29

LEES MEER   l   KOOP HIER

• 10 wit kerse per houer

• Met 10 bandjies vir kind se inligting

• Duursaam verpak

• Individueel toegedraai in ryspapier

• Grootte: 40 mm deursnee en 140 mm hoog

---

Vir meer inligting en bestellings, kontak asb vir BYBEL-MEDIA HANDEL by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek gerus ook ons webblad by bybelmedia.org.za