In Pinkster vertel ons weer die verhaal van God se Gees wat skep en heelmaak, wat lewe gee en groei laat opbloei, wat diep verandering bewerk en wysheid skenk. Ons bring tyd deur saam met die Heilige Gees wat in ons harte getuig, wat ons leer dans en feesvier, wat ons laat sing en uitbundig lag. Pinkster herinner ons immers dat ons die lewe in oorvloed ontvang het. Kom ons herinner mekaar nou weer aan hierdie lewe in oorvloed.

gee-vreugde (NUUT)

Ontdek die waarde van ligter leef

ʼn Reis van agt weke saam met Stefanus en Paulus

Prys: R90.00

LEES MEER I KOOP HIER 

Dave Viljoen 

Stefanus was vol van die Heilige Gees. Hy was selfloos en hy was vreesloos. Hy was leeg van homself en hy was vol van Jesus. Ons kan dieselfde van Paulus sê.

Wanneer ons in Pinkstertyd 40 dae saam met Stefanus en Paulus reis, kyk ons na ʼn paar teenstrydighede waarmee ons almal stoei. Soos dat dit baie minder hoop en vreugde bring om bymekaar te maak en op te gaar as om blymoedig weg te gee. Om jouself te handhaaf en onkreukbaar voor te kom is baie minder gelowig as om gebroke, uitgelewer en leeg van jouself te wees. Hoe minder ons as gelowiges se bagasie is en hoe ligter ons reis, hoe meer behoort Jesus se koninkryk op die aarde te lyk soos die een in die hemel.

Stefanus en Paulus se verhale bied aan ons die verskillende skakerings en buitelyne wat ʼn deeltjie van die mosaïek van Jesus se koninkryk vir ons inkleur.

---
Die Gees maak alles nuut

Die Gees maak alles nuut

Prys: R100.00

LEES MEER I KOOP HIER

Individuele Bybelstudies plus ses byeenkomste vir kleingroepe. Het jy al ervaar dat ’n nuwe intrekker plekke in jou bekende omgewing besoek waarvan jy nie eens geweet het nie? Of het jy al in ’n toerismegids of -tydskrif gelees oor plekke waar jy reeds was, maar dan kan jy nie glo wat jy alles gemis het terwyl jy daar was nie? Ons dink dit kan ook met die boek Handelinge gebeur as ’n mens net die moeite wil doen om ’n bietjie dieper te delf. Daar lê ’n ongelooflike reis voor!

Gratis aflaaibare preke beskikbaar aanlyn by die boek in Word- en PowerPoint formaat.

---
Oop vir die oomblik

Oop vir die oomblik

Prys: R240.00

LEES MEER I KOOP HIER

Oop vir die oomblik laat ontvou die geloofsgewoonte van teenwoordig-leef en wys watter waardevolle bydrae dit tot ons daaglikse lewe-met-die-Here kan maak.

Dit is op die oomblik gewild om aandag te gee aan wat deur die loop van die dag in ons bewussyn gebeur. Ons vra ons af hoe afwesig of hoe teenwoordig ons vir die hier en nou is. Ons praat oor “leef in die oomblik”, “leef bewustelik”, teenwoordigheid, awareness of mindfulness.

Om teenwoordig te leef word egter dikwels sonder enige godsdienstige verbande beoefen. Dit is ongelukkig ’n vervlakking van hierdie besonderse ervaring. Daarom skryf Willem Nicol vanuit die Christelike geloof en die Bybel oor hierdie geloofsgewoonte. Vir hom is dit die deurslaggewende grondslag vir hoe hy teenwoordigheid ervaar en hanteer.

In Oop vir die oomblik kom die teorie en praktyk van “leef in die oomblik” saam om jou te help om in die hier en nou met die Here te leef en dit deel van jou leefwyse te maak. Daarom word jy in elke hoofstuk ook genooi om oefeninge te doen.

Ook beskikbaar om saam met hierdie boek te gebruik: Oop vir die oomblik Bybelstudie – Willem Nicol

---
Goeie genade, jy is spesiaal!

Goeie genade, jy is spesiaal!

Prys: R170.00

LEES MEER I KOOP HIER

Hierdie boek help jou om elke dag met nuwe oë na jou lewe te kyk. Én dit gee jou ‘n kykie op God se glimlag oor jou. In dié saamgeselsgids gee Ewald van Rensburg vir jou ‘n verrassingspakkie oor wie jy in Christus is. Maak jou veelkleurige geskenk oop en ontdek:

• God het eerste na jou uitgereik.
• Jy is vir God baie spesiaal.
• God gee baie om wat van jou word.
• Jy as mens het baie waarde in God se oë.

Gratis aflaaibare Bybelstudie beskikbaar aanlyn by boek.

NOG PRODUKTE

---
Kleurmeditasies vir Pinkster

Kleurmeditasies vir Pinkster

Prys: R140.00

LEES MEER I KOOP HIER

Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy Pinkster ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring.
Die geloofsgedagtes in hierdie boek fokus op Hemelvaart, Pinkster en die werk van die Heilige Gees in ons lewe, die kerk en die skepping. Ons vertel weer die storie van God se Gees wat skep en heelmaak, wat lewe gee en groei laat opbloei, wat diep verandering bewerk en wysheid skenk.
Die woorde en kleure nooi jou om tyd deur te bring by die Heilige Gees wat in jou hart getuig, wat jou leer dans en feesvier, wat jou laat sing en uitbundig lag. Pinkster herinner jou immers dat jy die lewe in oorvloed ontvang het.

---
Kleurmeditasies vir Lydenstyd en Pase

Kleurmeditasies vir Lydenstyd en Pase

Prys: R140.00

LEES MEER I KOOP HIER

‘n Boek vir gehaltetyd, meditasietyd, oordinktyd, bidtyd, wagtyd,hoortyd, troostyd en liefdestyd saam met God.
Hierdie boek is die ideale hulpmiddel as jy hierdie seisoen in die kerkjaar ʼn tyd van vernuwing wil maak. Dit help jou met die geloofsgewoonte om elke dag vriendskaptyd met God deur te bring. Dit is gevul met kleur- en woordmomente van stop en bepeins.
Die woordmomente fokus op Lydenstyd en Pase. Die kleurmomente se sirkelpatrone nooi heling en groei in jou lewe in. Met hierdie kleurmeditasies oordink, bepeins en bid jy in volkleur. Die geloofsgedagtes herinner jou aan God, die bron van alle goedheid, wat mens geword en onder ons kom tent opslaan het. Die inkleursirkels nooi jou om te rus, om bewus te raak van gedagtes en emosies wat na bo kom en om dit te oordink.

---

Vir meer inligting en bestellings, kontak asb vir BYBEL-MEDIA HANDEL by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek gerus ook ons webblad by bybelmedia.org.za