Ons stel bekend ...

Chris Lamprecht 90 jaar-huldiging-CD

Chris Lamprecht 90 jaar-huldiging-CD

PRYS: R150.00

Chris Lamprecht is op 1 Oktober 1927 in Bloemfontein gebore. Hy het musiek in Suid-Afrika en Duitsland studeer, was jare lank ʼn orrelis in verskeie gemeentes, asook ʼn musiekadviseur en musiekdosent totdat hy in 1987 afgetree het.

Die bydrae wat oom Chris tot die musiekskat van Afrikaanse gewyde en sekulêre musiek gelewer het, kan nie oorskat word nie.  Nie net het hy 100 liedere tot die FAK se sangbundel bygedra nie, maar ook honderde koorwerke gekomponeer. 

BM Musiek weet dit was oom Chris se lewensideaal om as ʼn volkskomponis bekend te staan – iemand wat ou, vergete liedere en nuwe musiek op ʼn toeganklike, maar ook musikaal verantwoordbare manier beskikbaar stel. Ons dink hierdie dubbel-CD is ʼn bewys dat hy hierdie lewensideaal verwesenlik het.

LEES MEER   ||   KOOP NOU

Vir meer inligting en bestellings, kontak asb vir BYBEL-MEDIA HANDEL by 0860 26 33 42 of bestel@bmedia.co.za. Besoek gerus ook ons webblad by bybelmedia.org.za