Search Results for: ek is by julle

Ek is by julle
’n Pinksterreeks vir kinders om hulle te leer wie die Heilige Gees is. Ek is by julle bevat 7 volledig uitgewerkte aanbiedings, wat maklik vir afsonderlike kontekste aangepas kan word.
Vir julle en vir julle kinders – Gesinsdienspreke
Uitgegee deur die Algemene Jeugkommissie Die fokus val opnuut weer op die gesin, omdat die gesin – ouers en kinders- vir die drie-enige God belangrik is. Die Here wil gesinne in die erediens ontmoet. Tydens die feesgebeure in die erediens, wil die Here hê dat ook die kinders deel sal wees van die skare wat Hom aanbid, loof, prys en dien.
10 Dinge wat ek wens Jesus nooit gesê het nie
In 10 dinge wat ek wens Jesus nooit gesê het nie bespreek Victor Kuligin eerlik en nederig tien van Jesus se moeilikste uitsprake en bied praktiese raad hoe om Christus te volg. Elke hoofstuk bevat persoonlike verhale, deeglike Bybelse ondersteuning, asook nadenke van groot geskiedkundige figure soos Luther, Augustinus en Franciskus van Assisi. 10 dinge wat ek wens Jesus nooit gesê het nie sal lesers help om anders oor die kerk, God se seën en Jesus self te dink. Dit sal die manier waarop ons lewe verander sodat ons waarlik die kinders van God kan word wat Hy wil hê ons moet wees.
Ek leer van kleure
Hierdie kleurvolle boek maak voorskoolse kinders op 'n prettige manier vertroud met al die primêre kleure. Daar is ook kort rympies om saam op te sê en 'n storie om die kleure van die reënboog te leer ken. Moedig jou kind aan om die kleure self uit te ken, terwyl julle die pragtige tonele op elke bladsy verken. Hierdie boek vol kleure vorm deel van die Storiemuisreeks – 'n moet vir elke voorskoolse kind!
Geloof-speelboek
Die Geloof-speelboek is vir kinders wat wil skep, speel en leer. Die kort Bybelstories en aktiwiteite saam is ʼn wonderlike manier om met kinders te gesels oor wat ons glo. Al die aktiwiteite is só ontwerp dat kinders van 4-8 jaar oud dit met min toesig self sal kan doen. By elke aktiwiteit is daar ʼn lys van alles wat die kinders sal nodig hê. Stap-vir-stap-riglyne en prentjies help hulle om die aktiwiteite te voltooi.
Volhoubare Missionale Kerkwees Gespreksbord
Laai die inligtingsblad hier af Hierdie gespreksbord is die ideale hulpmiddel vir die leierskap in gemeentes wat nuut oor volhoubare missionale kerkwees wil dink. Eerstens help dit deelnemers om bewus te raak van die huidige funksionering van hulle gemeente en die bedieningskeuses wat daaragter lê. Tweedens sluit dit vir hulle moontlikhede oop wat binne ons huidige kerkreg aanvaarbaar is. Dit maak gelowiges se verbeelding los oor hoe hulle hulle as ’n plaaslike gemeente nuut kan posisioneer om aan God se groot beweging in die wêreld deel te neem.
Bybeldagboek vir Graad 8
Oor die uitverkiesing, Jesus en sy kerk. Hierdie Bybeldagboek gaan jou help om jou stiltetyd opwindend te maak. Dit sluit aan by alles waaroor julle in kategese gepraat het. Ja vir Jesus sal jou elke dag herinner dat Jesus jou verlos het. DIE HERSIENDE WEERGAWE IS EERS BESKIKBAAR IN 2019
Bybeldagboek vir Graad 7
Oor God, die Bybel, Jesus se verlossing en Desert Pete. Hierdie Bybeldagboek gaan jou help om jou stiltetyd opwindend te maak. Dit sluit aan by alles waaroor julle in kategese gepraat het. Geloof vat vlam sal jou aanvuur om elke dag met jou oë op Jesus te lewe. DIE HERSIENDE WEERGAWE IS EERS BESKIKBAAR IN 2019
Kliek Met Jou Kleinkinders
As 'n grootouer wil jy 'n spesiale band met jou kleinkinders he. Maar dit is nie altyd maklik nie. Die jong gesinne beweeg deesdae dikwels in 'n koorsagtige tempo rond. Selfs as julle in dieselfde dorp woon, kan dit dus moeilik wees om te kliek. As jy duisende kilometer ver bly, het jy bykomende uitdagings. Die skrywer het kreatiewe maniere aangeleer om die kilometers te oorbrug. Haar idees, met die van ander grootouers, is prakties getoets en verfyn – supermaklike en meer betrokke maniere om sterk verhoudings met jou kleinkinders op te bou. Maak dus gereed om jou kleinkinders te geniet, nuwe dinge te leer en om met jou kleinkinders te kliek – of hulle naby of ver is.