Home » Uncategorized » Kookpunt!

Kookpunt!

Nadenke oor woede

ʼn Gelowige reaksie van ʼn ontnugterde nasie

Prys: R125.00

Arm mense is kwaad, ryk mense is kwaad. Bruin mense is kwaad, swart mense is kwaad en wit mense is kwaad. Christene, Moslems, Hindoes en ateïste is kwaad. Dat mense in Suid-Afrika kookpunt bereik het – of ten minste vinnig op pad is daarheen – is ’n feit. Maar mag gelowiges kwaad word? Indien wel, hoe? En mag ons hierdie woede-emosies wys? Dit is oor hierdie soort vrae dat Cas Wepener in sy nuwe boek gesels. Kookpunt! help ons om sinvol kwaad te word, om hierdie woede selfs te vier, daaroor te praat, te preek, te sing en te debatteer.